Sms’e van lesers

■ Kan iemand my sê of dieselfde padreëls wat vir gewone motoriste geld ook vir taxi’s en polisie­voertuie geld? HB

■ Waarom brand die Brigdton Sportgronde se sprei­­ligte die hele nag lank? Bespaar ons dan nie meer krag nie? Ou Koos. (Die sms is vir antwoord aan die munisipale woordvoerders gestuur. Ligte wat brand hou vermoedelik verband met veiligheid van die omgewing snags. Inwoners in die omge-wing het aan Die Hoorn gesê dat hulle die paar ligte wat daar brand, verwelkom. – Redakteur)

■ Wat sê Wyk 6 se raadslid oor die situasie oor die ingang vanaf Beaufort-Wes? Dis tog immers deel van sy wyk. (Die raadslid het Die Hoorn na die munisipale woordvoerders verwys vir reaksie. Die sms is aan hulle gestuur. – Redakteur)

■ Dis ’n skande soos die taxi-rank lyk. Daar is ’n pyp vanaf die toe toilette wat oopgemaak is om water te verkry vir die was van taxi’s. Daardie water loop dag en nag daar. Munisipaliteit, gaan doen inspeksie daar.

■ Hoe lank gaan dit nog neem voordat daar aandag gegee gaan word aan die geweldige slaggat in Jan van Riebeeckweg kort duskant Arbeidsgenot? Die peperboom gooi ’n lang skaduwee oor die pad wat die uitsig belemmer en mens moet uitswaai. Wat beteken dat as daar aankomende verkeer is, jy nie ’n ander keuse het as om in die gat te beland nie! Dit berokken erge skade aan die onderstel van ’n motor wat laag is en motorbande verniel. Sal die verkeersdepartement en munisipaliteit asb ondersoek instel en iets doen aan die saak? Alet.

■ Dit is twee jaar en drie maande en die ligte wat Blomnek en onder-De Rust verbind, is nou nog stukkend. Nou vra ’n mens jouself: Kan ons raads­lede nie dit raaksien nie, aangesien hulle tog in die aande daar verby ry. Wie blameer jy, is die vraag.
(Die vorige drie sms’e is aan die munisipale woord­voerders vir reaksie ge­stuur. – Redakteur)

■ In die besige Baron van Reede-straat op Oudts-hoorn, voor Jazu Hair en die dokters se spreek­­kamers, parkeer ’n bakkie rustig op Maandag-oggend, 14 Mei,  skaamteloos oor twee parkeerplekke... Ai!   E Olivier

■ In die besige Baron van Reede-straat op Oudts-hoorn, voor Jazu Hair en die dokters se spreek­­kamers, parkeer ’n bakkie rustig op Maandag-oggend, 14 Mei, skaamteloos oor twee parkeerplekke… Ai! E Olivier

■ Ek vra met ’n seer hart dat bestuur van ’n supermark asb nie hul werkers afkraak voor kliënte nie. Werk is skaars, maar ek weet ons almal maak foute en is geregtig op respek, want dit word verdien. Ek was daar. Ouma Bettie

■ Die polisie het hulle verlede Saterdag goed van hul taak gekwyt om voor die winkels by die Bridgton Sportgronde die karre met hul drank en harde musiek the verwyder. Elke naweek in die oggend lyk Zebraweg soos die Tiep. Die polisie moet hulle  weer kom verwyder, want die probleem moet ’n einde kry. Mense mag mos nie drink en bestuur nie.

■ Asb, stemtyd vlieg nader. Volmoed wag al 24 jaar vir huise. Moenie kom stemme soek nie. Eers huisies dan kruisies. Moeg gewag van Volmoed

Log in with your credentials

Forgot your details?