Sms’e van lesers

■ Baron van Reedestraat kan verander word na Jeffrey Donsonrylaan.

■ Here, ek bid dat U ons land moet bevry van die verlede, want hulle hou aan om ou wonde oop te maak. Die Kaap is droog. Laat hulle ’n biddag hou vir reën en vorentoe en op na U kyk, want almal bou op hul eie krag. Asseblief. Van Ouma Bettie

■ My ma het altyd gesê: Moenie neergooi nie, gooi weg. Sal almal dit asseblief onthou as hulle wil rommel weggooi.

■ Ek sien die raad adverteer ’n pos vir ’n prokureur om die aktes en oordrag te hanteer. Is die plaaslike firmas nie meer goed genoeg nie? Boonop word hulle deur die regering betaal. Die groot salaris vir ’n prokureur is onnodig omdat hy self niks gaan doen nie. By al die prokureurfirmas is daar goeie, be­-kwame klerke wat al die werk doen. Ek is seker dat so gou die prokureur aan­gestel is, hy gaan vra vir die aanstelling van klerke – alles vir die ryk belastingbetalers. Dit is ook deesdae die tendens dat poste vir sekere persone geskep word eerder as volgens die behoefte. Soos met ander aanstellings sal ons na die aanstelling weet vir wie die pos was en wie hy verder moet aanstel. (Die Hoorn het die sms vir kennisname en reaksie aan die Oudtshoorn Munisipaliteit gestuur. – Red)
■ Haal uit die sambrele. Die KKNK is hier. Dis mos altyd reëntyd op Oudts­hoorn.

■ Hoekom spioeneer jy op iemand? Is dit om jou gewete te sus? Erken jy was verkeerd en jy is voorspoedig.

■ Daar moet nou drasties opgetree word. Ons weet wat die oorsaak van die vuil water is. Oudtshoorn is die enigste dorp met ’n groot getal inwoners met geen waterfiltreerders nie. Ons wit klere is bruin, wasmasjiene is aangepak en die masjiene se waterpompe gee in. Die waterverwarmer het ’n laag modder onderin, die ketel is bruin aangepak, wasbakke en toilette is aangepak. Rei­­ni- gingsmiddels is duur, die water moet gekook word – dus ekstras op die krag­rekening. Ons moet winkelwater koop en in lang rye staan, ekstra petrol uitry, maar moet steeds die vuil water en hoë belasting betaal wat die onskuldige publiek oorgeërf het van die vorige wanbestuurders wat in weelde leef. Belastingbetaler van Volmoed

■ Kan die burgemees­ter van Oudts­hoorn vir ons via Die Hoorn sê wie van sy raadslede gebruik gefiltreerde ge­koopte water vir koffie of tee of in kos, en wie gebruik die vuil, ongefiltreerde water uit ons krane wat die meerderheid inwoners moet gebruik omdat ons nie die gefiltreerde water kan bekostig nie. Sluit uself in by die opname, asb. Desmond Windvogel

■ Kan iemand my help om te verstaan waar kom straatkinders vandaan? Kan strate swanger word en hoeveel maande om geboorte te gee? Wie is die vaders en die moeders? Hou die wat geboorte gegee het verantwoordelik en nie die strate nie. Ouma Bettie van die Lane

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?