Sms’e van lesers

■ Die Valke se ondersoek in Kannaland duur darem lank. Gaan dit ook ’n muis baar soos die Dekker-kommissie in 2003?

■ Was gister in George. Dis angs­wekkend om te sien hoe roekeloos sommige bestuurders op die pad is. Voertuie met GP- en CE-registrasienommers en ’n CZ-bakkie met matrasse daarop het voertuie by dubbelstrepe verbygesteek. ’n Klein afleweringsvoertuig het by die Bakens­kraal-afdraai voor die brug ook by die sperstrepe ’n ander voertuig verbygesteek. Ons is nie meer veilig op die paaie nie. Dankie dat die Here ons beskerm. Engee

■ Is daar nie iemand met ondervin­ding wat kan kyk na die damme nie? Die water was nog nooit so vuil soos nou nie. Oud-inwoner van Oudts­hoorn

■ Wanneer word die Valke se ondersoek na die Donson-saak afgehandel? Of is dit net ’n foefie?

■ Dan sê die raadslede hulle is daar om die mense te dien, maar verskyn in die hof vir reisbedrog.

■ Wanneer begin ons hoërskole in die agtergeblewe gemeenskap van Oudtshoorn ook deelneem aan rugbyligas vir skole? Die nie-deelname kan nie wees omdat daar nie afrigters is of omdat die onderwysers nie tyd het nie, want hulle rig dan elke middag senior klubs af en dien nog boonop op die besture ook. Saterdae gebruik hulle selfs die skool se velde vir hul senior klubs se wedstryde terwyl die leerders en ouers as toeskou­ers moet kyk. Wonder net wat van die hekgelde word.

■ Met die viering van ons ge­meen­te se 180ste bestaan eerskomende naweek , het ek dit goed geag om ’n besoek te bring aan die graf van een van ons eerste predikante, eerw BE Anderson, en sy vrou by die begraafplaas in Condorstraat. Dit val my toe op dat daar nog baie plek vir grafte is. Miskien moet die raad vir ons oor 70 daar akkommodeer, want almal wat daar rus, is al baie oud. Net iets om te oorweeg. Japie Coetzee

■ Die straatkinders raak nou ’n erns­tige gevaar in die middedorp. Jy is nie meer veilig nie. Jy moet jou sak­ke en beursie styf vashou, anders gryp hulle dit. Moedeloos!

■ Kan iemand vir my sê waar hierdie swart-bruinvlerk spreeus met die wit bors vandaan kom? Ek merk hulle jaarliks op van Desember tot Maart. Voorheen was hulle nooit hier nie. Hulle boer in al wat ’n boom is en maak hulle op warm dae tuis in my braaiplek en bemors alles – van die wasgoed op die draad tot die tuinplante.Verder sny hulle skrilgeluide deur alle vlees.

■ Wat gaan word van kinders wat babas kry omdat hulle beter behandel word as die bejaardes wat swaar gekry het? Die regering sorg beter vir kinders wat kinders kry op die skoolbanke. Onderwysers moet moeders en vaders leer op skool. Here, praat met die wat die wette maak. Ouers, buig jou boompie terwyl hy nog kan buig. Die prys gaan eendag onbekostigbaar wees. Pyn en lyding wag op ons bejaardes. Ouma Bettie van Die Lane

■ Die Hoorn berig op 19 Mei 2016 in “Vas vir dronkbestuur” dat ’n se­nior munisipale amptenaar in hegtenis geneem is nadat hy van agter in Shanel Thysse (33 weke swanger) en haar 7-jarige seun vasgery het. Wie is die amptenaar en wat is die stand van die saak? Charles Glass (’n Berig hieroor verskyn op bladsy 7,)

■ Graag verneem ek van die mediese superintendent die norm van dienste in alle klinieke, veral dié wat geïdentifiseer word as “ideale klinieke”, waar kinders, gestremdes en bejaar­des voorkeur het, ongeag ras. Ek sien dit nie gebeur nie – veral in Oudts­hoorn- en Toekomsruskliniek – selfs ook al die ander klinieke. Dan word daar sekere mense uit ander areas toegelaat om die Oudtshoorn- kliniek te besoek, al werk hulle nie in die area nie, en nie ander wat verkies om die kliniek te besoek omdat dit hul keuse is nie? Waar is die lyn vir die gemeenskap dan? Al die ander kli­nieke sien kliënte buite hul area. Anoniem
Anoniem se sms is aan Nadia Ferreira, woordvoerder van die Wes-Kaapse Departement Gesondheid in die Eden Distrik, gestuur vir te­rug­voer. Sy antwoord as volg:
Die term “Ideal Clinic” of “Ideale Kliniek” verwys na ’n inisiatief van die nasionale Departement van Ge­sondheid. Hierdie instandhoudings­program is ontwerp in reaksie op die huidige tekorte in die gehalte van primêre gesondheidsorgdienste in die land en as basis vir die implemente­ring van die nasionale gesondheidsversekering. ’n Aantal klinieke in el­ke provinsie is gekies as deel van die proeflopie, en die idee is dat alle klinieke in die land in die toekoms van hierdie program gebruik maak. In Oudtshoorn vorm die Bongolethu, Bridgton en Oudtshoorn klinieke deel van die program.
Ten opsigte van die navraag oor die voorkeur van pasiënte herinner ons die publiek dat kinders, bejaardes en gestremde persone voorkeur geniet. Kinders wat siek is en bejaarde persone wat sukkel om te beweeg en nie lank kan sit nie asook gestremde persone wat nie by die verwagte wagperiode sal kan hou nie, geniet voorkeur.
Ons moedig altyd ons pa­siënte aan om hul naaste kliniek te besoek – hetsy dit die naaste aan hul woning of werk is. Die rede hiervoor is dat dit meer gerieflik vir die pa­siënt is om opvolgafsprake na te kom en enige ander dienste te gebruik.
Ons kan egter nie pasiënte wegwys nie, ongeag die rede waarom hul be­sluit om nie van hul naaste kliniek gebruik te maak nie. Dit plaas egter net meer druk op ons personeel indien pasiënte nie hul naaste kliniek besoek nie.
Ons vra dat die leser die bestuurder van die fasiliteit of die mediese bestuurder kontak om die spesifieke saak te bespreek.

■ Bloemstraat. Al vir twee weke lê die vullis op die sypaadjie. Net voor­dat ek die foto geneem het, het die vulliswa in die straat verbygery. Ek stem saam - mense mors erg, maar die munisipaliteit moet ook hul deel doen.

■ Bloemstraat. Al vir twee weke lê die vullis op die sypaadjie. Net voor­dat ek die foto geneem het, het die vulliswa in die straat verbygery. Ek stem saam – mense mors erg, maar die munisipaliteit moet ook hul deel doen.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?