SMS’e van lesers

Gaan daar weer dadels van die Valke se ondersoek in Kannaland kom?
*****

“The budget should be balanced, the Treasury should be refilled, public debt should be reduced, the arrogance of officialdom should be tempered and controlled, and the assistance to foreign lands should be curtailed lest Rome become bankrupt. People must again learn to work, instead of living on public assistance.” Cicero – 55 BC
*****

Die valke het weer in Kannaland toegeslaan. Gaan daar weer niks van kom nie soos by die Dekker-kommissie?
*****

Die munisipaliteit het die afgelope tyd baie pos­te geadverteer. Hulle moet asseblief ons plaas­like kinders aanstel, mits hulle kwalifiseer is en ondervinding het. Ander munisipaliteite stel net mense in hul eie dorpe aan.
*****

Dankie aan die munisipaliteit vir die verfwerk van padstrepe by stoptekens en ander belangrike plekke. Dit maak Wesbank veiliger en netjieser.
*****

Die NA Smit Swembad was steeds groen toe ’n gala Saterdag plaasgevind het.
*****

Dit is tog so tipies outyds dat sekere mense net kan droom van iets. Jong mense en selfoongebruikers was opgewonde toe die praatjie loop van gratis data en gratis wifi wat hulle sal kan geniet, net om nou teleurgestellend te ervaar dat net sekere gebiede die wonderlike gerief geniet. Arm woon­buurte soos Smartie Town is heeltemal vergeet. Kan iemand asb verduidelik hoekom net sekere woonbeurte gratis wifi geniet ?
*****

In 2016 het ek ’n brief in Die Hoorn geskryf dat ons al jare in Hoopstraat 68B, Oudtshoorn woon en elke maand vir leiwater betaal terwyl ons nie hierdie diens kan kry nie weens geen leivoor nie. Die munisipaliteit het my geskakel en belowe dat dit reggestel sal word. Niks het gebeur nie. ’n Paar weke gelede het ek ’n persoon in beheer geskakel, maar ek kry nog steeds ’n rekening. Wat staan my nou te doen? Flip Spies
*****

Dit is ongelooflik. Nie een bandeplek in Oudts­hoorn wou hul pryse laat sak sodat dit nie vir my no­dig is om na George te gaan nie. Dit vra net ’n kleiner wins
*****

Ek wil hê mense moet my kritiseer, want dis die enigste manier hoe ons saam probleme oplos. Ons dorp lyk pragtig en dit gaan net beter elke maand. Juis omdat baie brawe mense hulle stemme laat hoor het. Ek waardeer veral die negatiewe kritiek. Dankie. Pieta van der Heever

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?