Oudtshoorniete gesels so oor die KKNK:

• Marianna Schutte sê: “Ek is baie opgewon­de. Ek sien uit daarna om na die Opera (RSG Dis Opera) te gaan kyk, en gaan probeer om by die fees uit te kom.” • Rob Fisher sê: “Die KKNK bring lewe in die dorp en maak geld vir Oudtshoorn. Ek weet nog nie of ek enige vertonings gaan kyk nie.”

• Marianna Schutte sê: “Ek is baie opgewon­de. Ek sien uit daarna om na die Opera (RSG Dis Opera) te gaan kyk, en gaan probeer om by die fees uit te kom.”
• Rob Fisher sê: “Die KKNK bring lewe in die dorp en maak geld vir Oudtshoorn. Ek weet nog nie of ek enige vertonings gaan kyk nie.”

• Hazel Simmers sê: “Elke jaar is die fees dieselfde en die goed raak net duurder, maar dit bly steeds opwindend vir die kinders.”

• Hazel Simmers sê: “Elke jaar is die fees dieselfde en die goed raak net duurder, maar dit bly steeds opwindend vir die kinders.”

Ek sien nie meer kans vir die KKNK nie, want…

• Marius Paulsen sê: “Almal is opgewonde, maar dis ’n groot finansiële las. Sommige mense wil niks koop nie, net deel wees van die vibe, maar die gewone mens kan dit nie bekostig nie.”

• Marilise Neethling sê: “Die fees fassineer my nie meer nie, dis dieselfde goed elke jaar en die fees raak net korter. Die dorp is so oorvol dat mens nie hier wil wees nie.”
(Marius en Marilise wou nie poseer vir ’n foto nie)

Ek sien uit na die KKNK want…

Charmiela van Niekerk Jappie sê: “Ek kom al ’n goeie paar jaar vanaf die Kaap, omdat ek ’n stalletjie hier het. Ek hou van die fees. Daar was al ‘good times en bad times’, maar elke jaar kom ek terug.” Foto: Angelique Erasmus

Log in with your credentials

Forgot your details?