Briewe / Letters

Bemagtiging – skep dit werk?

Ek het die afgelope tyd bewus geraak van bemagtigingsooreenkomste tussen sakelui en tenderaars.
Die tenderaar bekom ’n kontrak om produkte/dienste aan ’n staatsinstelling te lewer. Hy bereik ’n ooreenkoms met ’n besigheid en voeg sy wins, ±10%, by. Die besigheid lewer die produk by die staatsinstelling af. Die tenderaar doen niks nie en ontvang maandeliks die vergoeding vir dienste gelewer in sy bankrekening.

Na ’n paar maande verdwyn die tenderaar of versium om die nodige oorbetalings aan die verskaffer te maak.

My raad aan sakelui is: Kies jul vennote versigtig en kontroleer die kontrak se voorwaardes.
Jammer om dit uit te spel!

Dié sogenaamde bemagtiging ­be­voor­deel slegs individue en skep nie werk nie. Die tenderaar moet oor sodanige kennis van die produk beskik.
– Lampies Lamprecht, Oudtshoorn

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?