Bossie Boulevard?

Deur Liesel le Roux

Deur Liesel le Roux

MET Voortrekkerweg wat tans in die nuus is oor ’n moontlike naams­verandering teen die tyd wat die KKNK gaan plaasvind, het Die Hoorn ’n ander versoek oor dié straat.

Kan die straat se roosbeddings vol gras en onkruid op die middelman nie maar skoongemaak word nie? Dit is sedert verlede jaar al ’n seeroog vir talle inwoners.

Die foto bo is gisteroggend deur Die Hoorn geneem.

Ons hou duimvas dat die munisipaliteit ook sommer met ’n nuwe oog na die middelmanne van deurpaaie op die dorp sal begin kyk.

Oudtshoorn is in die droë, warm Klein Karoo geleë en die streek se pragtige vetplante en klippe sal na ons mening makliker en veel goedkoper wees om te onderhou as gras en roosbeddings waarby die munisipaliteit se werkspan nie uitkom nie. Baie inwoners maak so tuin by hul huise en spaar so ook water.

Dalk voor volgende jaar se KKNK?

4 Bossie Boulevard

Log in with your credentials

Forgot your details?