Wenke vir hare hierdie winter

6 Leefstyl Foto

DIE koue wintermaande is hier, en hierdie is altyd ’n goeie tyd om ’n nuwe haarstyl of kleur te probeer.
In die winter neig mense om na  warmer kleurpalette te beweeg in die bruin en rooi areas en ook om ’n makliker, meer hanteerbare haarstyl te kies. Aan die kleurkant is “ombre” steeds een van die top-haarmodenei­gings, maar meer na die rooi en warmer bruine se kant.

Langer hare kan dan ook in lae gesny word vir minder moeite en die langer skouerlengte bob is ook steeds groot nuus, met baie Hollywood-sterre wat hul hare so dra.

Ombre behels donkerder wortels wat geleidelik na onder ligter van kleur raak. Dit beteken ook dat daar bleikmiddel aan jou hare se punte aangesmeer moet word om die geleidelike ligter voorkoms te verkry.

Warmer bruine en rooibruin is een van die top-neigings, maar vir die­gene wat blond is, kan jy jou voorkoms ’n winter-hupstoot gee deur bruin strepies tussen die blonde hare in te sit. Enige haarkapper weet hoe moeilik dit is om rooi of bruin hare na blond toe terug te kleur.

Langer hare wat in lae gesny is, kan lekker los drooggeblaas word vir ’n golwende toekoms.

Dit verg ook minder tyd en moeite om jouself reg te kry vir die dag.

Die hoë bolla is steeds ’n winterwenner, en lyk baie modieuse wanneer dit saam met kleurvolle winterserpe en baadjies gedra word.

Dit is ook een van die style wat die minste moeite verg en wat in ’n japtrap gedoen kan word.

Dit lyk boonop altyd elegant.

Die gewilde langer bob word in lae gesny waar die hare voor langer as agter is, en jou gesig ’n maerder voorkoms gee.

Wenk: Pas jou haarprodukte aan in die winter. Die koue weer droog die hare baie meer uit as in die warmer somermaande. Koop dus ’n ryker sjampoe aan en gebruik ’n opknapper met meer voedingswaarde om hare gesonder te hou met ’n mooi glans.

• Inligting: Heidi Opperman en Bernadien Kleyn van Serious Hair

Winterhare 2

Winterhare

Log in with your credentials

Forgot your details?