VLV bestaan nie uit koek en tee

Deur Ilze-Mari Gründling
Die Vrouelandbouvereniging (VLV) op Oudtshoorn gaan beslis nie net oor koek en tee nie. Op 6 Maart het die vroue met twee senior munisipale amptenare, Felix Lötter (hoof- finansiële beampte) en Chris Koch (waar­nemende direkteur tegniese dienste) vergader oor die huidige situasie op Oudtshoorn, waaronder die watersituasie.

“Hulle het baie onderhoudend en eer­lik met ons gepraat. Dit was ’n voorreg om na sulke professionele ­mense te luister,” sê Valéria Ter­blanche, VLV-lid.

Studente van die Vaardigheidskool het verskeie demonstrasies aangebied – hoe om juwele van beskikbare materiale te maak, hoe om “blomme” van groente en vrugte te maak en hope om papierblomme te maak.

“Die VLV bestaan nie meer uit koekbak, hekel en brei nie. Ons vergaderings is propvol demonstrasies, talentvolle sprekers, en ja, tee en koek,” vertel Terblanche.

Die VLV is ’n organisasie wat lede die geleentheid tot persoonlike groei bied. Lede word aangemoedig om ’n gesonde familielewe te handhaaf en om die gemeenskap te dien.

Die groep bied maandeliks demonstrasies, opvoedkundige uitstappies, praatjies en uitstallings aan.
Vir navrae en om aan te sluit, kontak Terblanche by 082 494 6595 of Boop ­van ­­de Haar by 074 464 8368.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?