Verfrissende ervaring in Ozone-sauna!

Wyndham Ewerts vertel oor sy Ozone-besoek:
WAT ’n ongelooflike verfrissende ervaring was dit nie om ’n halfuur lank in die stomende Ozone-sauna van Just Therapy te detoks nie! Om eerlik te wees was ek maar bra skepties om in die sauna te klim vir ’n stoomsessie, maar Annelize Wepener, mede-eie­naar, het my gerus gestel.

Terwyl ek in ’n temperatuur van 40 grade C sit, kon ek letterlik voel hoe die sweet soos water van my lyf afloop. Die hitte het my stywe spiere geleidelik laat ontspan. Annelize het elke vyf minute vir my heerlike yskoue kruisementwater gebring, en my gesig gespons om te verhoed dat ek dehidreer. Ek kon sweer ek het vyf liter sweet verloor toe die sessie verby was! Om alles te kroon het my energievlakke ’n massiewe hupstoot gekry en sal ek dit graag weer wil doen.

Die eienaars van Just Therapy, Jolanie du Plessis en Annelize Wepener, het albei kwalifikasies in verskillende velde van alternatiewe genesing.

“Ek en my ma het albei outo-immuun siektes, en omdat ons nie genesing kon vind in medisyne nie, het ons besluit om mense te help op hul reis na genesing,” vertel Jolanie. “Die osoonterapie/ sauna se koste is slegs R150 omdat ons dit so bekostigbaar moontlik wil maak vir Jan Alleman. Die osoon penetreer die vel en stimuleer jou imuunstelsel om beter te werk. Ons spesialiseer ook in ADHD, IBS, chroniese moegheid, geestesgesondheid en vele meer. Om die hoop en beterskap in iemand anders se oë te sien, is soveel meer werd as geld.

“By die Just Therapy-spreekkamer stap ons die pad saam met jou, teen jou tempo, vir solank as wat jy ons nodig het.”

Ander dienste wat aangebied word deur Just Therapy is refleksiologie, aroma en meridian-tera­pie, Indian head massage, Reiki, voedingsadvies, berading, natuurlike aanvullings en ’n natuurlike apteek.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?