Vakansieprogram wag op kinders!

kinders

Pretaktiwiteite vir kinders is die hoof­elemente van ’n vakansieprogram vir jong kinders wat Maandag (5 Desember) op Oudtshoorn afskop.

Dit bied ’n uitkoms vir ouers wat werk terwyl skole en kleuterskole reeds gesluit het, en is ook die ideale manier om verveelde kinders tydens die vakansie besig te hou.

Die vakansieprogram word elke Maandag tot Donderdag by Opi Werf Speelparkie (agter De Oude Kat op die hoek van Baron van Reede- en Victoriastraat) aangebied vir die eerste drie weke in Desember en die eerste week in Januarie. Die program van die dag lyk elke dag anders.

Anita Pickard, eienaar, sê dié program gaan nie net lekker wees en groot pret verskaf aan die kinders nie, maar is ook goed vir hulle met aktiwiteite wat daarop gemik is om onder meer groot en klein motoriese vaardighede te verbeter.

“Boonop weet baie kinders deesdae nie meer hoe om te speel nie omdat hulle die hele dag voor ’n rekenaar of TV sit. Hier maak ons seker hulle speel én word gestimuleer.”

Die program sal in Opi Werf Speelparkie  aangebied word waar ’n kinderwêreld die afgelope tyd verrys het en daar plek is vir musiek en sing, opdollie en aantrek, teken, balle gooi, klim en klouter, ens, ens.

Anita word bygestaan deur Hillary de Villiers wat gekwalifiseer is in vroeëkindontwikkeling. Kontak hulle by 071 337 8322 of 044 279 1893.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?