UCC spog met orrel-susters!

Sue-Lanya en Ilca Ewerts. Foto verskaf

Sue-Lanya en Ilca Ewerts. Foto verskaf

Deur Japie Coetzee
DIE Oudtshoorn United Congregational Kerk (UCC) in Jonesstraat spog tans met twee toegewyde susters wat die kerk se orrel tydens eredienste en ander byeenkomste speel.

Sue-Lanya en Ilca Ewerts het hul musiekopleiding (Trinity College London) by Aubrey van Wyngaardt ontvang. Albei is betrokke by Laerskool Van Reede – Sue-Lanya as opvoeder en in die musiekafdeling (kuns en kultuur) asook die skoolkoor, en Ilca by die nasorg.

Die Oudtshoorn UCC, met eerw Johannes Muggels as prediker, is in 1838 deur die Londense Sendelinge op die dorp gevestig. Die pragtige, oorspronklike sandsteenkerk het gestaan waar Headlines Restaurant tans is en is afgebreek toe die gemeente dit weens die Groepsgebiedewet se gedwonge verskuiwings in 1972 moes ontruim.

Die gemeente herdenk steeds jaarliks hul bestaan met ’n passie en ’n komitee is reeds volstoom besig met die reëlings van hul 180ste bestaan volgende jaar. Oor die jare was die gemeente geseën met merkwaardige orreliste en dié twee susters volg in die voetspore van J H Wagner, J C Lapperts, Meester Siepie Wicomb, H Malgas, Michael April en Glyn April.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?