Tuinsafari nie vanjaar gehou nie

Rose blom in die tuin van Johan en Anna du Plessis in die Kango Valleie. Hul tuin was die afgelope jare een van die hoogtepunte van die jaarlikse Tuinsafari in dié gebied.  Foto verskaf

Rose blom in die tuin van Johan en Anna du Plessis in die Kango Valleie. Hul tuin was die afgelope jare een van die hoogtepunte van die jaarlikse Tuinsafari in dié gebied. Foto verskaf

DIE jaarlikse Tuinsafari in die Kango Valleie sal nie vanjaar plaasvind nie. Die Kango Valleie is buite Oudtshoorn in die rigting van die Kango Grotte geleë.

Volgens Anna du Plessis wat betrokke is by die organisering van dié jaarlikse besoeke aan die prag­tuine van die Kango Valleie, het die reë­lings­komitee besluit om ’n Sabbatsjaar te neem as ’n blyk van deernis teenoor almal wat deur die voortslepende droogte in die Wes- en Noord-Kaap en ook in groot dele van die Klein Karoo geteister word.

“In die Kango Valleie-gebied is redelik voldoende water en die tuine is op standaard, maar ons voel dis onvanpas om in dié stadium die tuine te skou,” sê Du Plessis.

“Ons het al heelwat navrae gehad en is jammer om ons gereelde besoekers teleur te stel.
“Hou maar dié ruimte dop. ‘As dit reën in die Klein Karoo,’ maak ons volgende jaar weer so!”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?