Steun vir swanger vroue

Fisioterapeut Stephanie Eksteen staan swanger vroue by terwyl hulle oefen. Foto verskaf

Fisioterapeut Stephanie Eksteen staan swanger vroue by terwyl hulle oefen. Foto verskaf

VOORGEBOORTEKLASSE vir swanger vroue word sedert Maart vanjaar deur die Wes-Kaapse Regering se Departement Gesondheid by die Ladismith-kliniek aangebied. Die klasse, wat in Maart 2018 afgeskop het, word aangebied deur ’n fisio­terapeut, gemeenskapsgesondheidswerker, as­ook die gemeenskapsgebaseerde diens­koör­di­neer­der.

Dié voorgeboorteklasse wil swanger vroue ondersteun en ’n gesonde swangerskap verseker. Tydens die klasse word die liggaamlike en emo­sio­- nele veranderings tydens die stadiums van swan­gerskap aan die vroue verduidelik en eenvoudige oefeninge vir elke trimester gedemonstreer.

Oefening tydens swangerskap word aangemoedig, omdat dit help om rugpyn te verlig en ’n beter spiertonus en meer energie verseker. Oefening kan ook help met die geestesgesondheid van vroue tydens swangerskap.

’n Ander onderwerp word elke maand tydens die klasse behandel, soos die belangrikheid van voor­geboorte-kliniekbesoeke, gesonde eetgewoontes en inligting oor belangrike items wat saamgeneem moet word vir die geboorte.

“Swangerskap vorm deel van die eerste 1 000 dae van ’n kind se lewe. ’n Ma se gemoed, eetgewoontes, en gesondheid speel ’n baie belangrike rol in die kind se groei,” sê Nadia Ferreira, kommunikasiebeampte van Gesondheid, Eden en Sentraal Karoo.

“Moeders doen ’n belangrike werk om hul baba te laat groei. Vir sommige kan hierdie ’n opwindende en gelukkige tyd wees. Vir ander is daar moeilike kwessies rondom hul swangerskap wat hul gespanne laat voel. Ons moedig ouers aan om met iemand te praat as hulle ondersteuning nodig het,” sê die Wes-Kaapse Minister van Gesondheid, Noma­french Mbombo.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?