Soutterapie bied welsyn en gesondheidsvoordele

Aan die linkerkant is Soutie’s Spa se southut waar die droë soutterapie aangebied word. Die hut se binnekant is met Himalaja-soutkorrels versier. Regs bo is die kamer waar infrarooi behandeling aangebied word.

Jacqui (links) en Charmaine Jonk, eienaars van Nature’s Nook en Soutie’s Spa in Nature’s Nook wat ’n wye verskeidenheid natuurlike produkte aanbied.

SOUTTERAPIE, ’n oeroue natuur-­ like en veilige vorm van terapie wat ’n verskeidenheid van gesond­heids-voordele vir volwassenes en kinders inhou, is nou beskikbaar by Soutie’s Spa by Nature’s Nook in die Camp Roadhousesentrum in Van der Rietstraat op Oudtshoorn.

Soutterapie, ook bekend as halote-rapie, is ’n nabootsing van die soutgrotte van die antieke Europa. Dit be- vorder ’n algemene gevoel van welsyn deur die vel en asemhalingstelsel te detoksifiseer wat die immuun-stelsel en ’n mens se voorkoms verbeter, sê Charmaine Jonk, mede- eienaar van Nature’s Nook waar Soutie’s Spa ingerig is.

“Soutterapie verbeter die vloei van mukus (slym) in die lugweë en sinusholtes, en gevolglik ook die longfunksie. Dit kan ook help met die spoedige herstel in die geval van infeksie in die boonste lugweë.”

Volgens Charmaine toon wetenskaplike navorsing dat die mikrodeel-tjies van sout ’n ­voordelige uitwerk- ing op die vel se beskermende laag en haarsakkies (folicles) het.

“Ons southut by Soutie’s Spa bied al dié voordele tesame met geestelike en emosionele ontspanning, wat stres verminder en slaap verbeter. Dit kan ook gebruik word as ’n voorkomende maatreël om die immuunstelsel teen verkoue, keelaandoenings, allergieë en sinusitus te versterk,” sê sy.

• Soutterapie bestaan al van die vroegste tye af. Sout word ook benut vir ander vorms van heling. Dit sluit in soutoplossings (saline), nebuliseer-ders, velskrop en soutbaddens wat as “nat” soutterapie bekend staan.

Danksy hedendaagse tegnologie is ’n nuwe vorm van soutterapie ont-wikkel waar die beste gesondheids-voordele verkry word deur sout se vermoë om vog te absorbeer te benut. Dit staan bekend as “droë souttera-pie”, oftewel haloterapie.

Haloterapie is vandag reeds in Europa, Australië, Brittanje, Kanada, die VSA en in Suid-Afrika beskikbaar, en nou ook hier op Oudtshoorn by Soutie’s Spa as ’n natuurlike alternatief en aanvullende manier om algemene welsyn, asemhalingsproble- me, veltoestande, detoksifisering en liggaamlike prestasie te bevorder.

Hoe werk soutterapie? In ’n soutgrot duur sessies gemiddeld 45 minu-te. “In ons southut, wat een of twee mense kan huisves, is sessies egter danksy moderne tegnologie korter sonder om doeltreffendheid in te boet,” sê Charmaine.

• Sommige mense is bekommerd oor die inname van sout wat verband hou met hoë bloeddruk en hipertensie. Droë soutterapie is egter anders deurdat dit met die asemhalingstelsel verband hou. Wanneer dit ingeasem word, is die hoeveelheid mikrosoutdeeltjies wat in die asemhalingstelsel beland uiters min en hou dit geen gesondheidsgevaar in nie. In werklikheid maak dit skadelike bakterieë dood, verminder inflammasie en verruim die lugweë, sê Charmaine.

Soutie’s Spa se southut is privaat en ’n mens kan alleen of saam met iemand die terapie ondergaan.
Die terapie behels dat ’n mens omring word met ’n baie fyn sproei van feitlik onsigbare droë soutdeeltjies wat die heilsame voordele inhou.

Vir inligting oor soutterapienavor-sing besoek:
http://salttherapyassociation.org/- research-education/ research-articles/.

Vir meer inligting of om ’n sessie te bespreek besoek gerus Nature’s Nook te Van der Rietstraat 78, Oudts-hoorn, in die Camp Roadhousesentrum, of skakel selnr 061 826 0124. Daar is tans verskeie openingsaanbiedings tot die einde van Desember.

Besoek gerus ook:
www.naturesnook.shop.

Benewens die soutterapie bied Soutie’s Spa infrarooibehandeling aan en is daar ’n masseerstoel.

Nature’s Nook
• ’n Wye verskeidenheid natuurlike en gesondheidsprodukte is by Nature’s Nook beskikbaar.
Dit sluit in Cape Raw Honey, top-gehalte olyfolie en ’n verskeidenheid organiese koffie- en tee-produkte. Die winkel is ook gepak met alternatiewe, handgemaakte, organiese produkte en etiese organiese vitamines (geen GMO’s).

Die winkel het ’n geskenk- en ’n boekafdeling. Produkte vir babas en kinders word ook te koop aangebied.

Daar is voorts ’n vrieskas met “free range”, organiese en hormoonvrye vleis.

Jacqui Jonk, mede-eienaar van Nature’s Nook, nooi alle Oudtshoorniete om te kom inloer en te kom kyk wat hulle alles aanbied.

Daar is tafels en stoele voor Nature’s Nook waar kliënte kan kies uit ’n verskeidenheid van koffie, tee en ander gesondheiddrankies asook ’n gesonde iets om te eet.

Log in with your credentials

Forgot your details?