Oudtshoorn se dahliakoning

Solly Dyssel by van sy pragtige dahlias wat in sy tuin in Rossouwstraat, Colridge View in Oudtshoorn blom.  Foto: Liesel le Roux

Solly Dyssel by van sy pragtige dahlias wat in sy tuin in Rossouwstraat, Colridge View in Oudtshoorn blom. Foto: Liesel le Roux

Deur Liesel le Roux
SY groen vingers maak dat mense dwarsdeur die jaar voor Solly Dyssel van Colridge View in Oudts­hoorn se huis stilhou om te kyk watter blom­me is nou weer so ’n lus vir die oog.

In September trek die ranonkels en blomperske voor die huis die oog, in Oktober die rose, maar tans blom Dyssel se verskeidenheid dahlias met hul groot ge­sigte in geel en pienk en wit en oranje en rooi. Van dié dahlias word baie groot en staan bokant Dyssel se kop uit wanneer hy deur sy tuin stap.

Dié oud-skoolhoof sê self hy dink hy is Oudts­hoorn se dahliako­ning. Hy koop sy dahliabolle slegs by John de Bruin, wat op sy beurt be­kend staan as die Kaapse dahliako­ning.

Hy gesels geesdriftig oor elke dahliasoort, soos die Sir Al Ramsy, die Queen Elizabeth en die Queen Mary, die Lady Di en ’n dahlia wat vernoem is na Nelson Mandela.

Dyssel sê hy plant sy dahliabolle in November, voordat die warmste somerdae in die Klein Karoo aanbreek, in grond wat bemes is met beesmis.

Dit is belangrik dat die dahlia deur die somer natgemaak moet word, vertel hy. En binnekort, wanneer die blare gaan begin afgaan, sal hy 2:3:2 in die grond gooi.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?