Osoonterapie

Osoon-terapeutiese behandeling is ’n kragtige te­rapeutiese hulpmiddel vir nie net siektetoestande nie, maar ook vir die voorkoming daarvan.

Wat is Osoon?
Osoon word in die natuur vervaardig deur ver­skeie elemente soos branders en weerlig wat meng met suurstof.

In chemiese terme is osoon eintlik suurstof met ’n ekstra atoom, of in elektriese terme is dit suurstof met ’n hoër energievlak. Die reuk wat ons kry na reën, is eintlik osoon wat ons ruik. Baie mense sê dat hierdie spesifieke reuk hulle kalm en goed laat voel, maar hulle verstaan nie hoekom nie.

Hoe werk osoon?
Vir die behandeling van bakterieë ontwrig osoon die integriteit van die bakteriële selle deur die oksidasie van die lipoprotiene en fosfolipide.
Vir die behandeling van swamme voorkom osoon selgroei in sekere stadiums.
Vir die behandeling van virusse beskadig osoon die virus-kapsule en ontwrig die reproduktiewe siklus van virus-tot-sel met peroksidasie.

Voordele van Osoonterapie:
• Stimuleer die immuunstelsel;
• Reinig en verbeter bloedsirkulasie;
• Normaliseer hormoon- en ensiemproduksie;
• Verminder inflammasie en pyn;
• Kalmeer die senuwees;
• Herstel skade veroorsaak deur beroerte;
• Verminder hartaritmie;
• Verbeter breinfunksie en geheue;
• Verbind met gifstowwe (oksidasie) sodat dit kan uitskei;
• Bind met swaar metale om dit uit te skei;
• Verhoed en keer van degene­ratiewe siektes;
• Voorkom/behandel oordraagbare siektes;
• Voorkom/bestuur outo-immuunsiektes

Hoeveel sessies moet ek kry?
Die aanbeveling vir maksimum resultate is 10 sessies in 10 dae. Ons glo egter by Just Therapy dat jy na jou liggaam moet luister en die sessies spasieer soos dit jou pas.

Leefstylaanpassings?
Elke nuwe pasiënt sal ’n eetplan kry, sowel as riglyne vir matige oefening en ontspanningstegnieke, spesifiek vir jou behoeftes saamgestel.
(Promosie)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?