Nooit te laat vir jou drome nie, sê Verdi

 

André Swanepoel, uitvoerende hoof van Triangle Debt Management waar Verdi Klassen as assistent-bestuurder werk, oorhandig verlede week die sleutels van Klassen se nuwe maatskappyvoertuig aan hom.                   Foto: Ilze-Mari Gründling

André Swanepoel, uitvoerende hoof van Triangle Debt Management waar Verdi Klassen as assistent-bestuurder werk, oorhandig verlede week die sleutels van Klassen se nuwe maatskappyvoertuig aan hom. Foto: Ilze-Mari Gründling

Deur Ilze-Mari Gründling
’N 43-JARIGE man van Oudtshoorn het besluit om bokant sy moeilike omstandighede uit te styg en is tans besig om sy matrieksertifikaat aan die Cape Access Instituut by die Bridgton E-sentrum in Oudtshoorn te verwerf.

Klassen het ook onlangs kursusse in onder andere basiese rekenaarvaar­dighede, woordverwer­king en voorleggings gedoen.

“Ek het nie ’n maklike lewe gehad nie. My ma is oorlede toe ek nog klein was en my pa het ge­sukkel om vir sy kinders te sorg. Ek het by my ouma in Port Elizabeth grootgeword. Ek het swaar geleer op skool – ek het nie goed gedoen nie. Ek was by agt verskillende skole in my leeftyd,” vertel hy.

“Toe ek ouer geword het, het ek met die verkeer­de dinge deurmekaar geraak. Ek het gelyk soos iemand wat op straat lewe. As jy my in daardie tyd ontmoet het, sou jy nie met my wou praat nie.”

Klassen sê toe dit regtig sleg gegaan het, het hy besluit om dinge te verander.

“Ek het die Here gevra hoe om mense te help. Ek het besluit om my matriek klaar te maak, want sonder dit kan jy nie vooruit beweeg nie. Ek het niks van rekenaars geweet nie. Ek moes myself leer – sonder handboeke.”

Vandag is Klassen ’n assistent-bestuurder by sy werk, Triangle Debt Management, het hy ’n maatskappymotor en volg hy sy passie – om ander te help.

“Ek wil mense help vooruit beweeg. Ek is ’n ge­meenskapsmens. Ek het baie hulp ontvang van onderwysers van Bridgton Senior Sekondêr terwyl ek vir my matrieksertifikaat studeer. Ek is ook baie dankbaar teenoor my verloofde, Charmaine Damons, wat die broodwinner in die huis was terwyl ek studeer het. Ek wil mense laat weet dat dit nooit te laat is om jou drome te volg nie.”

Hy sê hy is dankbaar teenoor Triangle Debt Management vir die geleentheid. “Ek wil hulle opreg bedank vir die geleent­heid om my uit te leef in dit waarin ek glo, en my passie om vir my medemens tot diens te wees. Met die motor kan ek nou meer van diens wees, veral vir afgeleë kliënte.

As jy verby ons kantoor in die Seppie Greef Gebou stap, kom gerus in – al is dit net om te gesels.”
Vir enige navrae, kontak Klassen by 082 238 2190.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?