Internasionale Hekel- en Breidag met wol, koffie en koek gevier

Pat Moody en Jean Tiran was twee vroue van Oudtshoorn wat Saterdag Internasionale Hekel- en Breidag op Oudtshoorn gevier het!                                            Foto: Angelique Erasmus

Pat Moody en Jean Tiran was twee vroue van Oudtshoorn wat Saterdag Internasionale Hekel- en Breidag op Oudtshoorn gevier het! Foto: Angelique Erasmus

Deur Angelique Erasmus
NEGE EN TAGTIG vroue van Oudtshoorn met ouderdomme wat wissel tussen vyf en 85 jaar het Saterdag Internasionale Hekel- en Breidag met cappuchino en ’n sny koek geniet.

Die byeenkoms by Mugg & Bean is gereël deur Deleze van der Walt, ’n hekelentoesias van Oudts­hoorn wat gereeld hekelklasse vir vroue aanbied.

Die vroue het vrolik mekaar se werk bewonder en selfs patrone en raad uitgedeel. Gelukkige trekkings van wol en geskenkbewyse het vir verdere opwinding gesorg.

Almal was dit ná dié oggend eens dat so ’n byeenkoms gerus meer gereeld kan plaasvind.

Log in with your credentials

Forgot your details?