Emosionele gesondheid: Emosies is belangrik

Isabel Hayward (derde van links) het onlangs ’n praatjie oor emosionele gesondheid op Oudtshoorn aangebied. By haar van links is  Sanet Els, Sally Sadler, Bets Wilkinson, Mariaan Mantz en Mary-Anne Human.      			 			                      Foto: Ilze-Mari Gründling

Isabel Hayward (derde van links) het onlangs ’n praatjie oor emosionele gesondheid op Oudtshoorn aangebied. By haar van links is Sanet Els, Sally Sadler, Bets Wilkinson, Mariaan Mantz en Mary-Anne Human. Foto: Ilze-Mari Gründling

Deur Ilze-Mari Gründling
DIT is belangrik dat mense erkenning gee aan hul emosies, het ’n terapeut van George by ’n onlangse praatjie by Millenniumpark op Oudts­hoorn gesê.

Isabel Hayward, ’n gegradueerde verpleegster met sertifikate in algemene bera­ding, traumavry­stelling, beeldende pastorale berading, emosionele intelligensie, kinesiologie en breinoefening, het belangstellendes op 21 September toe­- gespreek.

Sy sê in 2005 het ’n kwalifikasie in voet­heel­kunde vir haar die deur oopgemaak na die ontdekking en ontwikkeling van ’n proses wat sy vandag gebruik.

Volgens Hayward is dit baie belangrik om erkenning te gee aan jou gevoelens.

“Ons het emosies om dimensie aan ons lewens te gee. Sonder emosies kan ons nie passie of medelye beleef nie. Dus be­nodig ons emosies ons aandag en móét ons hulle ervaar.”

Hayward verduidelik dat nie baie mense gemaklik voel om te sê watter emosies hulle ervaar of uitdrukking aan gee nie.

“Mense sê byvoorbeeld: ‘Ek is so kwaad!’ in plaas van ‘Nou voel ek so kwaad!’. Deur net die regte woorde te kies, laat jy jouself kortstondig toe om die ‘stem’ of ‘kleur’ van daardie emosie te ervaar.”

Wat gebeur wanneer ons nie ons gevoelens erken nie – veral wanneer ons met trauma sukkel?
Volgens Hayward maal stukkies van wat gebeur het, oor en oor in ons gedagtes omdat ons nie die hele prentjie kan sien nie. Dit kan emosies vererger.

Sy sê indien mense nie kan vergewe nie, het dit bitterheid, verwyte, vergelding, woede en haat tot gevolg. Dit kan selfs tot moord lei.

“Is dit nie waar party mense in ons land tans is nie?” vra sy.

“Die verskriklike ding is ook dat wanneer ’n persoon woedend is, hy/sy nie meer die vermoë het om te luister na enige pleidooi, argument of opdrag nie. Die enigste manier om hom of haar daaruit te kry, is wanneer hulle hul pyn erken en kan sê watter emosie hulle ervaar.”

Tydens die praatjie het Hayward die lede van die gehoor wat bereid was om deel te neem, eers gehelp om te ontspan en hulle toe gevra om aan drie ervarings te dink wat hulle innerlik ongerief laat ervaar het.

“Ons het eers kontak gemaak met die opgekropte gevoelens totdat hulle gemaklik daarmee begin voel het.” sê Hayward. “Tweedens kon ons drie ervarings kies wat ’n houvas op ons gehad het en dit herleef.
“Hierna kon hulle in ’n liefdevolle atmosfeer vol vergifnis praat oor hoe ons voel.”

Volgens haar is mense met dié kennis die meeste van die tyd gereed om te vergewe en verminder die proses die invloed van trauma op mense en voel hulle gewoonlik verlig, meer in beheer en verminder skuldgevoelens ook.”

Hayward se spreekkamer is in Barry­straat 35, George. Sy kan gekontak word by 082 853 2832.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?