Dorp wil Spay-a-Thon vir diere hou

INWONERS kan op 23 en 24 Mei hul troeteldiere laat steriliseer by die Oud­t­shoorn Spay-a-Thon. Die geleentheid word gereël deur Oudts­hoorn Volunteers vir Diere, ACT (Animal Care Team) en die Wes-Kaapse Departement van Landbou.

Volgens Vanessa Engelbrecht, voorsitter van ACT, beoog die groepe om 100 honde en katte in twee dae te steriliseer. Die projek word ondersteun deur dr Glen Carlisle (Oudtshoorn Dierekliniek), drs Trude Stassen en Reinette du Plooy (Kango Dierekliniek), die staatsveeartse, drs Cathy Fox en Christiaan Blignaut, dr Hildidge Beer van die BVSc-Ebervet Petcare Group en twee veeartsnykundige verpleegsters, Hilda Mills en Sunet Gouws.

Dit gaan R40 000 kos om die Spay-a-Thon te laat plaasvind.

“Ons sal ook diere vir brandsiekte, wurms en vlooie behandel. Minderbevoorregtes kan gerus hul diere bring, maar sonder borge sal hierdie geleentheid nie moontlik wees nie.”

Vir meer inligting oor donasies en borge kan Engelbrecht gekontak word by 044 272 7311.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?