101 jaar oud en gesond!

Trui de Villiers van Oudtshoorn wat onlangs 101 jaar oud geword het.  Foto verskaf

Trui de Villiers van Oudtshoorn wat onlangs 101 jaar oud geword het. Foto verskaf

Deur Ilze-Mari Gründling
EEN van die inwoners van die Caves Aftreeoord op Oudtshoorn het onlangs die ryk ouderdom van 101 bereik!

Gertruida (Trui) de Villiers, ’n inwoner van die Caves Afrteeoord op Oudtshoorn, het op 30 Desember haar 101ste verjaardag gevier.

Volgens haar kleindogter, Riana Vermeulen, is De Villiers in 1916 in Kuruman in die Noord-Kaap gebore.

Sy was altyd lief vir kinders en was ’n koshuismoeder by verskeie koshuise in die Noord-Kaap.

“Sy het nog altyd ’n gesonde lewe gelei en gebruik geen medikasie nie,” sê Vermeulen. “Sy raak wel vergeet­agtig, maar verder is sy gesond. Sy staan elke dag op en trek aan. Sy lees nog goed, kyk televisie en is lief daarvoor om in te kleur.”
De Villiers is een van 13 kinders waarvan nog net twee lewe. Haar suster, Lenie van Tonder, is 92 jaar oud en in ’n ouetehuis in Kuruman.

Sy het twee kinders, een kleinkind (Riana) en twee agterkleinkinders.

Riana is getroud met Charl Vermeulen en woon in Carnarvon met haar twee kinders.

Volgens Vermeulen is haar ouma baie gelukkig in die Caves Aftree­oord en op Oudts­hoorn.

“Ons het haar in 2015 na Oudts­hoorn gebring.

“Sy is baie gelukkig en daar word baie goed na haar omgesien.”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?