Suksesvolle byeenkoms

As deel van Klein Karoo Agri (KKA) se Verskaffersgholfdag is ’n loting gehou waarmee R10000 ten bate van Eljada Sorgsentrum op Oudtshoorn ingesamel is. Die tjek is deur Terblanche du Plessis (links), besturende direkteur van KKA, aan Ronel Lemmer van Eljada oorhandig. By hulle is Loffie Brandt van Absa. (Foto’s en berig: Schalk le Roux)

Klein Karoo Agri (KKA) het verlede Woensdag ’n baie suksesvolle Verskaffersaand aangebied waar 36 verskaffers uitstallings gehad het om hul produkte ten toon te stel en meer uit te vind oor kliënte se behoeftes.

Die gesellige geleentheid is deur meer as 300 kliënte, waarvan meeste landbouprodusente is, bygewoon.

Die dag het afgeskop in die Boeresaal waar Terblanche du Plessis, besturende direkteur van KKA, ’n oorsig oor die onderneming se gesonde groei gegee het ten opsigte van veevoerverkope, brandstof en ander handelsprodukte.

Hy het ook inligting verskaf oor toekomsplanne ten opsigte van produkte en dienste.

KKA het die afgelope jaar sy tweede Mica Hardewarewinkel, binne sy Oudtshoorntak, oopgemaak en ook die ou vulstasie agter die handelstak gesluit en ’n splinternuwe Caltex Vulstasie op die perseel aangrensend tot Parkstraat oopgemaak met ’n geriefswinkel en ’n restaurant daarnaas.

Wat die toekoms betref, het Du Plessis gesê hulle beoog om hul vulstasie op Beaufort-Wes op te gradeer en ’n Mica-tak op Ladismith te open.

Du Plessis het ook weer inligting verskaf oor KKA se lojaliteitsprogram.

’n Aantal verskaffers het die geleentheid gekry om die kliënte toe te spreek. Pieter van Zyl van Case IH, wat die hoofborg van die byeenkoms was, het meer vertel oor die redes vir die onderneming se teenwoordigheid in Oudtshoorn en omstreke. Ander borge se verteenwoordigers wat gepraat het, is Absa, Lindsay Africa en Moov.

Ná die verrigtinge in die Boeresaal is almal na die voerstoor waar die uitstallings was. Kliënte het daar die geleentheid gehad om met die verskaffers te gesels. Daar is ook lekker gesellig saamgekuier waarna aan ’n lekker spitbraaiete gesmul is.

KKA het Donderdag ’n 4BBB American Scramble-gholfdag vir onder andere verskaffers en kliën-te aangebied met 100 spelers wat afgeslaan het.

Op ’n baie warm dag was daar gelukkig vir die spelers by van die setperke verskaffersstalletjies met lekker koel verversings.
’n Lekker atmosfeer het op die baan geheers.

Tydens die prysuitdeling om 18:00 is ’n tjek van R10000, wat met lootjieverkope ingesamel is, aan Ronel Lemmer van Eljada oorhandig.

’n Gelukkige kliënt het ook met ’n trekking ’n Howa 7 mm Blue Standard 24″-geweer gewen.

Die dag is met ’n volstruissteakete afgesluit.

Foto’s van die Verskaffersaand, wenners van die gholfdag en gholfaksiefoto’s verskyn op die blad hiernaas.

• Volgens Marnelle Steyl van Klein Karoo Agri het hulle baie goeie terugvoer ontvang van kliënte en verskaffers wat aangedui het dat die dag goeie waarde toegevoeg het vir almal wat betrokke was.

“Daar is ook vir ons gesê dit is ’n goeie inisiatief en dat dit goed georganiseer was,” het sy gesê.

Die Boeresaal was stampvol gepak met kliënte van KKA wat deur onder andere Terblanche du Plessis toegespreek is voordat hulle na die voerstoor beweeg het vir die Verskaffersaand. (Nog foto’s oor die Verskaffersaand op die bladsy hiernaas.)

Die Boeresaal was stampvol gepak met kliënte van KKA wat deur onder andere Terblanche du Plessis toegespreek is voordat hulle na die voerstoor beweeg het vir die Verskaffersaand. 

6 KKAUitstal1

6 KKAUitstal3

6 KKAUitstal2

Klein Karoo Agri het op Woensdag, 7 Februarie, ’n gesellige Verskaffersaand op Oudtshoorn gehou waarby 36 verskaffers uitstalling gehad het en wat deur meer as 300 kliënte bygewoon is. Die volgende dag het KKA ’n gholfdag aangebied.

Die wenners van Klein Karoo Agri se gholfdag verlede Donderdag is van links Louis Fourie, Alroy Jordan, Terblanche du Plessis en Hannes van Niekerk.

Die wenners van Klein Karoo Agri se gholfdag verlede Donderdag is van links Louis Fourie, Alroy Jordan, Terblanche du Plessis en Hannes van Niekerk.

Die naaswenners van die gholfdag is van links Michael de Klerk, Graeme Koster, Werner Koster en Jurie Wessels

Die naaswenners van die gholfdag is van links Michael de Klerk, Graeme Koster, Werner Koster en Jurie Wessels

In die derde plek by die gholfdag was van links Wihan Walters, Hentie Zeelie, Charles Koster en Tiaan Theron.

In die derde plek by die gholfdag was van links Wihan Walters, Hentie Zeelie, Charles Koster en Tiaan Theron.

6 KKAGholfSlaanaf8 6 KKAGholfStof1

6 KKAGholf1 6 KKAGholfKortMooi

6 KKAGholfMis

Foto’s op blad geneem deur Schalk le Roux en Ebenezer Titus.

Foto’s op blad geneem deur Schalk le Roux en Ebenezer Titus.

Log in with your credentials

Forgot your details?