Ricardo Timmie wen grote

Ricardo Timmie (middel) wat verlede Vrydagaand aangewys is as Agri Klein Karoo se Landbouwerker van 2017. Timmie was ook die wenner van die ju­nior bestuursafde­ling. Hier by hom van links staan Arnold Minnie (Shoprite), Joey Potgieter (Agri Klein Karoo en eienaar van die plaas waar Timmie werk), en Danie Niemand (Wes-Kaapse Departement van Landbou). Foto’s:  Schalk le Roux

Landbouwerkers wat as die beste in hul afdeling verlede Vrydagaand bekroon is, is van links Brendon Booysen (administratiewe personeel asook beste potensiaal), Vernon van Beulen (voorman), Johannes So­lomons (Landbouverwerking), Jacobus Adoons (algemene werker), Klaas Goliath (tegniese operateur),  Percy Solo­mons (trekkerdrywer), Joey Kammies (middelbestuur), Isak Witbooi (diereproduksie) en John Smit (besproeiingspesialis).

Top-landbouwerkers vir 2017 bekroon

RICARDO TIMMIE (32) van Welbedacht, ’n volstruisplaas bui­te Oudtshoorn, is ver­lede Vrydag tydens ’n glansfunksie by die Surval Boe­tiek- olyflandgoed buite Oudtshoorn as Agri Klein Karoo se Landbouwerker vir 2017 aangewys.

Timmie was ook die wenner van die Junior bestuursafdeling.

Die kompetisie beloon mense wat in die landbousektor in die Wes-Kaap werk.
Die Klein Karoo-kompetisie is een van 16 streekskompetisies in die provinsie. Die wenners van die onderskeie afde­lings, die werker met die beste potensiaal en die algehele wenner sal in November aan die provinsiale kompetisie deelneem.

’n Totaal van 47 plaaswerkers uit die Klein Karoo is vanjaar vir die toekennings geëvalueer.
Die aand se bekroondes was in die volgorde van wenner, naaswenner en twee naaswenner: Algemene werker: Jacobus Adoons, Andrew Jaftha en Abram Oktober. Trekkerdrywer: Percy Solo­mons, Joseph Basson en Mike Hendriks. Besproeiingspesialis: John Smit, Jerome Sass en Aubrey Stuurman. Tegniese operateur: Klaas Goliath, Abram Arries en Isak Basson. Diereproduksie: Isak Witbooi, Cathlin Smit en Derick Campher. Administratiewe personeel: Brendon Booysen, Madelyn Agillus en Olga Johannes. Voorman: Vernon van Beulen, Hermanus Goliath en Jan Andreas. Juniorbestuur: Ricardo Timmie, Pedro Arnoldus en Jumat Blou. Middelbestuur: Joey Kammies, Micheal Arends en Kerneels Rabie. Landbouverwerking: Johannes So­lomons en Caryn Stuurman. Beste presterende plaas: Saag Jonker Groep. Beste potensiaal: Brendon Booysen (Saag Jonker Groep).

• Vir die vriendelike Timmie was die toekenning ’n bewys daarvan dat harde werk vrugte dra.
“Dit beteken vir my dat al my harde werk oor die jare heen nie vir niks was nie, en dat ’n aanhouer wen,” het hy oor die toekenning gesê.

Timmie het vertel dat sy grootwordjare nie maklik was nie. Hy was ’n leerder van die Hoërskool Môrester toe hy as gevolg van finansiële druk uit die skool moes gaan.

Op die ouderdom van 16 jaar is hy ’n kans gegun op Welbedacht wat toe aan Johan Potgieter, pa van die huidige eie­naar, Joey, behoort het.

“Hy het my in die broeikamer gaan neersit en ek het die broeikamer vir myself gevat. ’n Jaar later het hy vir my gesê: Dis nou jou plek.”

Timmie is sewe jaar gelede getroud met Mandy en hulle het drie kinders. “Ek is die Here baie dankbaar hieroor, Mandy is my one and only. Ek is baie lief vir haar,” het hy gesê.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?