Neem deel aan Boer soek ‘n Vrou

Minki van der Westhuizen, aanbieder van Boer soek 'n vrou.

Minki van der Westhuizen, aanbieder van Boer soek ‘n vrou..

 

Boer Soek Vrou boer net vooruit en dit is vanjaar tyd vir die tiende seisoen van dié gewilde kykNET-werklikheidsreeks.

Boonop vier Boer Soek Vrou ’n dekade op televisie en het dit sedert 2007 nie net een van die geliefste instellings op kykNET se programskedule geraak nie, maar ook een van die topreekse op DStv.

kykNET beloof dat die tiende seisoen groter en nog beter as tevore gaan wees en dat die boere-Cupido dalk ’n verrassing of twee mag oplewer.

Boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik en van alle ouderdomme kan tot 17 Maart, op kykNET se webtuiste, www.kyknet.tv, inskryf om deel te wees van die nuwe reeks.

Minki van der Westhuizen, wat weer die aanbieder gaan wees, se raad aan boere wat wil inskryf, is dat hulle net hulself moet wees.

“Volg jou hart, nie jou kop nie, want die liefde wen altyd,” sê sy.

“Enige iemand hou daarvan om te sien hoe iemand anders liefde vind en dit gee baie mense nuwe hoop, terwyl dit jouself kan herinner toe jy die ware liefde ervaar het,” sê Minki oor die sukses van Boer soek Vrou.

Nóg goeie nuus is dat kykNET geluister het na die talle versoeke oor hoe dit met van vorige deelnemers gaan en hoe die liefde hulle oor die jare sedert hul deename behandel het.

Die tiende reeks gaan dus drie episodes bykry wat ’n terugblik gaan gee oor die vorige nege seisoene en waar van die deelnemers hulself in 2017 bevind.

Boer Soek Vrou sal van Oktober op kykNET uitgesaai word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?