Landbouwenners uit Klein Karoo ding nou mee teen res van provinsie

Die wenners van die Klein Karoo Prestige Landboutoekennings het Maandag na Stellenbosch vertrek waar hulle tans deelneem aan die Wes-Kaap Prestige Landboutoekennings. Hulle kom tydens die kompetisie teen die ander Wes-Kaapse streekwenners te staan om te bepaal wie die beste in die Wes-Kaap in hul onderskeie afdelings is. Voor links is Laeticia Booysen (beste potensiaal en sosiale ontwikkeling), Isak Basson (landbouverwerking), Chester de Laan (trekkerdrywer), Joey Potgieter (voorsitter Agri Klein Karoo), David van Rooi (besproeiingsspesialis), Elledine Visagie (administratiewe personeel) en Helen Butler (Agri Klein Karoo). Agter van links is Jetro van Rooyen (voorman), Gert Stuurman (tegniese operateur), Michael Arends (middelbestuur), Anver Britz (diereproduksie), Andrew Japhta (landbou werker van die jaar) en Isaks Damons (junior bestuur).  Foto: Wyndham Ewerts

Log in with your credentials

Forgot your details?