Lammers spog met rekordgewig!

’n Trop van agt Ile de France-lammers van Theuns Mulder (links) van Muldersbank met ’n gemiddelde gewig van 80,1 kg is by die veiling van KK Veilings & Veebemarking op Dinsdag, 22 Augustus, by die Kansakrale naby Oudts-hoorn verkoop. PA Geldenhuys (regs), afslaer, sê in die 22 jaar wat hy afslaer is, is dit die eerste keer dat hy ’n trop lammers wat gemiddeld so swaar weeg opgeveil het. Die lammers het ’n prys van R2800 elk gehaal en is gekoop deur Roelcor en Knysna Meat Wholesalers. Mulder skryf die grote van die lammers toe aan hul voer wat hyself ge-meng het. Volgens Mulder het hy by kundiges gaan kers opsteek oor die samestelling van die voer wat hy meng. Hy verskaf ook die voer onder die handelsnaam Muldersbank Voere aan ander skaapboere.      Foto: Schalk le Roux

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?