Kollig op jongste saadproduksiemetodes

Saadprodusente by een van die implemente vir die toediening van onder meer plaagdoders. Op die agtergrond is die KKSP-skuur op Kamnatieloopplaas waar binnenshuise uitstallings aangebied is.

Saadprodusente by een van die implemente vir die toediening van onder meer plaagdoders. Op die agtergrond is die KKSP-skuur op Kamnatieloopplaas waar binnenshuise uitstallings aangebied is.

Nuutste tegnologie bekyk

DIE oogmerk met Klein Karoo Saadproduksie se saadprodusentedag op Vrydag, 29 September, op Kamnatieloopplaas is om aan saadprodusente blootstelling te gee aan die nuutste tegnologie en saadproduksiemetodes.

Daar was altesame 14 uitstallers binne in die groot skuur op Kamnatieloop asook ses besoekpunte op die plaas.

By die stalletjies en besoekpunte het die kollig geval op die nuuste tegnologie ten opsigte van besproeiingsmetodes, bemesting, plaagbeheer, produksiemetodes en implemente.

Die sowat 250 saadprosente wat die dag bygewoon het, is in drie groepe opgedeel wat al die stalletjies besoek het waar uitstallers hulle meer vertel het van hul produkte en dienste. Sodoende is waarde toegevoeg vir die produsente en uitstallers.

Saadprodusente het voor die aanvang van die verrigtinge elkeen ’n vraestel ontvang wat hulle gedurende die oggend voltooi het. Die produsente wat die hoogste punte behaal het, het pryse ontvang (foto van toppresteerders onder).

Saadprodusente van Oudtshoorn, Calitzdorp, Ladismith, De Rust, Prins Albert, Uniondale, Willowmore, Aberdeen, Beaufort-Wes, Fraserburg, Williston, Laignsburg, Ceres, Clanwilliam, Worcester en Prieska het die dag bygewoon.

PompIllustrasie

Klein John-Louis Olivier (1) van die Aberdeen-omge-wing wat die grond bietjie van naderby bekyk het.

Klein John-Louis Olivier (1) van die Aberdeen-omgewing wat die grond bietjie van naderby bekyk het.

Saadprodusente

Droging

Plantvoeding

Laboratorium

Pieter Burger (links), produksiebestuurder van KKSP, en David Malan (regs), besturende direkteur van KKSP, by die wenners van Vrydag se toets wat saadprodusente voltooi het. Van links saam met hulle is Richard Terblanche en André Fourie, wat die wenners was, Karel de Haas en Gert Borchards, die naaswenners, en Johan en Helé Niehaus wat derde was. Die wenners het twee kampeervrieskaste ontvang.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?