Klein Karoo Saadproduksie gee erkenning

David Malan, besturende direkteur van Klein Karoo Saadproduksie, aan die woord.

HOEWEL die afgelope jaar weens die droogte en ander omstandighede moeilik vir die landbou en daarom ook vir saadproduksie was, het Klein Karoo Saadproduksie (KKSP) se omset steeds ge-groei, het David Malan, besturende direkteur, verlede Woensdagaand by die onderneming se gala-aand by De Opstal buite Oudtshoorn gesê.

Ten spyte daarvan dat winste vanjaar ’n “bietjie swaarder begin trek het” en uitbetalings aan produ-sente effens afgeneem het, was Malan positief oor die toekoms.

Die jaarlikse gala-aand word aangebied om erkenning te gee aan en dankie te sê vir KKSP se produsente vir hul bydraes tot die onderneming se sukses. Malan het ook erkenning aan produsente gegee vir hul lojaliteit, inisiatief, aanpasbaarheid en deursettingsvermoë en vir die feit dat hulle in ’n uiters moeilike saadproduksiejaar uitstaande standaarde gehandhaaf het. Hy het hulle ook bedank vir die vertroue wat hulle in KKSP stel.

Toekennings vir uitnemendheid is ook die aand aan produsente oorhandig (foto’s hieronder).

Malan het in sy toespraak gesê die tema van die aand is: Positiewe mense volhard, en dat dit die rede is waarom KKSP ná ’n moeilike jaar goeie resultate kon lewer.
Volgens hom was daar die afgelope jaar veral ’n sterk kurwe in groei ten opsigte van die aanvraag na uiesaad, lente-uiesaad en wortelsaad.
Hoewel KKSP sowat 16% van die Klein Karoo Groep se besigheid doen, was KKSP verantwoordelik vir 49% van die groep se wins.

Klein Karoo Saadproduksie (KKSP) het verlede Woensdag tydens ’n gala-aand by De Opstal noord van Oudtshoorn aan sy saadprodusente erkenning gegee vir uitnemendheid. Die pryswenners is voor van links (met saadkategorie in hakies) Ernst Marais (F1-Uie, 0-5 ha), Pieter Burger, produksiebestuurder van KKSP, Henry Coetzee (F1-Uie, 5 ha+ en Rooi Uie, 5 ha+), David Malan, besturende direkteur van KKSP, Hannes van Niekerk (F-1 Wortels) en Stander Terblanche, voorsitter van die KKSP-direksie, middel van links Julian du Preez (OP Lenteuie, 0-4 ha), ­­Coetzee Laubscher (Preie), Christoffel en Marius Spies (F-1 Lenteuie), Hannes van der Westhuizen, Jan-Jurie Schoeman (lenteuie 4 ha+) en Willie Visagie (Chinese Preie), en agter van links Andries Steenkamp (Wit Uie), Louis Jonck (New Bunching), Gilo Louw (Nuwe Toetreder van die Jaar) , Le Roux van der Westhuizen (OP Wortels), Stefan le Roux (Beet) en André Fourie (OP Geel Uie, 5 ha+).

Die naaswenners in die onderskeie kategorieë het ook sertifikate ontvang. Voor van links is Johan Kriel (F1-Uie, 0-5 ha), Pieter Burger, David Malan, Stander Terblanche en Anthonie Troskie (F-1 Wortels), middel van links Jan Crafford (F1-Uie, 5 ha+), Derec Giles (OP Lenteuie, 0-4 ha), Hannes van der Westhuizen, Louis Zaayman (OP Geel Uie, 0-5 ha) en Duo Faure (F-1 Lenteuie, ), en agter van links Le Roux van der Westhuizen (New Bunching), Boeta Schoeman (OP Wortels) en Gert Husselman (Rooi Uie, 0-5 ha). ­

Stander Terblanche (middel) en David Malan saam met Gilo Louw wat ’n spesiale toekenning ontvang het as Nuwe Toetreder van die Jaar.

Stander Terblanche (middel) en David Malan saam met Gilo Louw wat ’n spesiale toekenning ontvang het as Nuwe Toetreder van die Jaar.

Jannie Lategan (middel) wat met sy uittrede ’n ere-toekenning ontvang het vir sy bydrae tot die saad-bedryf. By hom is sy vrou, Martie, en Pieter Burger.

Le Roux van der Westhuizen (links) wat met sy uittrede ’n eretoekenning ontvang het vir sy bydrae tot die saadbedryf. By hom is (van links) sy vrou, Sune, Pieter Burger van KKSP, sy Pa, Hannes, en dié se vrou, Nicolene.

Die gewilde Adam Tas wat die aand opgetree het.

Log in with your credentials

Forgot your details?