Johann floreer in groentetuin!

Links: Johann van Zyl in sy groentetuin. Voor hom is sy beet plante en agter hom die bone. Bo: ’n Broodskorsie van sowat 25 cm lank in Johann se tuin.   Foto’s:  Ilze-Mari Gründling

Bo: Johann van Zyl in sy groentetuin. Voor hom is sy beet plante en agter hom die bone.
Onder: ’n Broodskorsie van sowat 25 cm lank in Johann se tuin. Foto’s: Ilze-Mari Gründling

8 os Landbou berig 3

Die Detroit Dark Red beet. Foto: Ilze-Mari Gründling

Die Detroit Dark Red beet. Foto: Ilze-Mari Gründling

Een van die Great Lake slaai-koppe in Van Zyl se tuin.  Foto: Ilze-Mari Gründling

Een van die Great Lake slaai-koppe in Van Zyl se tuin. Foto: Ilze-Mari Gründling

Deur Ilze-Mari Gründling
’N GROENTETUIN is soos jou kind – jy moet baie tyd en aandag daaraan bestee, sê Johann van Zyl (23) van Oudtshoorn.

Van Zyl werk al digby vyf jaar by Waboomskraal Kwekery noord van George en die Outiniquaberge. Hy is die plaasvoorman en werk gereeld met plaagdoders en voedingstowwe vir plante, en moet toesien dat plante gesond bly.

In 2013 het hy ook ’n wildbewaringskursus by die Aardvark Nature/The Nature College buite Riversdal bygewoon.

Hy het sy eie groentetuin by die huis waar hy navosing doen om te bepaal watter plante met min water kan klaarkom en hoe vinnig die plante by verskillende omstandighede aanpas.

“Om ’n groentetuin te hê, is baie interressant. Jy kan ook geld spaar deur jou eie groente te kweek,” sê hy.

Om ’n groetetuin op Oudtshoorn te begin, moet ’n mens eers kyk na watter plante droogtebestand is. Tamaties, kool, brokkoli en enige kruie is ’n goeie begin. Stel dus vas wat aard in die omgewing en toets die grond voordat jy plant.

As jy die regte groente plant, behoort dit volgens Van Zyl genoeg te wees om dit so elke tweede tot derde dag nat te lei.

Maak net seker dat die grond nie te droog raak nie.

Om tamaties te kweek, kan saad gekoop word of volgroeide tamaties uitgedroog word om die saad te oes.

Plaas die saad in ’n klein bakkie met ’n groeimedium soos grond wat met klein stukkies bas gemeng word. Daar is verskeie soorte groeimediums wat gemaak of gekoop kan word.

Hou die grond in die bakkies klam en laat dit genoeg sonlig kry. Sodra die wortelstelsel uitkom en sterk genoeg is, plant die plantjies oor in jou tuin.

Moenie die plantjies te vroeg uitplant nie. As die wortelstelsel seerkry, kan die plant òf vrek òf stadig en sleg groei.

Daar is verskeie organiese bemestingprodukte by kwekerye en Klein Karoo Agri beskikbaar wat gebruik kan word om plante fluks en gesond te laat groei.

Van Zyl het tans Roma VF-tamaties (ook bekend as Italiaanse tamaties), Karudowortels, bone, Detroit

Dark Red-beet, Green Sunrise-kool, Great Lake-slaaikoppe, Ashley-komkommer en broodskorsies in sy tuin.

Hy kweek ook basiliekruid, pietersielie en koljander.

Hy het onlangs ’n vetplanttuintjie tussen sy groente aangelê, iets wat elke Karoo-huishouding volgens hom behoort te hê.

Van Zyl het groot planne vir die toekoms.

“Ek eksperimenteer baie met my plante en is lief vir die natuur en sal graag eendag my eie kwekery wil hê,” sê hy.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?