Hier ontwerp en gebou

Hugo du Toit van Oudts­hoorn by een van sy saadskoonmaak­- ma­sjiene.  Foto:  Ilze-Mari Gründling

Hugo du Toit van Oudts­hoorn by een van sy saadskoonmaak­- ma­sjiene. Foto: Ilze-Mari Gründling

Nuwe saadskoonmaakmasjiene!

’N GETROUDE paartjie van Graaff-Reinet is besig om die skoonmaak van saad baie makliker te maak – en eienaar Hugo du Toit ontwerp en bou self die masjiene!

Seed Aspiration Technologies het onstaan nadat hy en sy vrou Ronel in 2014 na Oudtshoorn verhuis het en hy ’n gaping in die mark gesien het vir fynsaad-skoonmaakmasjiene. “Ek het vroeg vanjaar my eerste fynsaad-skoonmaakmasjien ontwerp en dit aan die koöperasie voorgelê – en so het alles begin!” vertel Hugo.

Hy ontwerp self die masjiene en het ’n klein gemotiveerde span wat hom help om die masjiene te bou. Hy vertel dat hy nog altyd ge­ïn­teresseerd was in ingenieurs­wese.

“Ek raak baie opgewonde sodra ek ’n nuwe idee kry vir ’n ontwerp. Ek hou daarvan om nuwe goed te bou en nuwe dinge te probeer – ek hou van uitdagings.”

Seed Aspiration Techonologies se toerusting maak sade 80% skoon en het negatiewe suig- en sifaksie-vibrasiemotors vir minimale stof.

Hugo vertel dat hy baie planne het vir die toekoms. “Ek wil aanhou om nuwe tegnologie in die saad­be­dryf te verken en ontwerp en het baie idees vir nuwe toe­rusting soos voerfabriektoerusting. Ek wil ook nuwe masjiene ontwerp vir die semi-fina­le skoonmaakproses van saad, en masjiene verbeter.”

Seed Aspiration Technologies is geleë op die hoek van Golf- en Tabakstraat (agter die verefabriek).
Kontak Hugo by 044 279 2131, 082 920 4375 of info@seedtechnologies.co.za.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?