Basiese beginsels word oortref

Klein Karoo Saadbemarking (K2 Saad), ’n “alles-in-eensaadverskaffer”, het tot ’n toonaangewende onafhanklike Afrika-saadmaatskappy ontwikkel wat ’n wye verskeidenheid saad van gehalte aan produsente in die vasteland bied.

K2 Saad se huidige fokus is hoofsaaklik op die Suid-Afrikaanse en SAOG-gebiede met plaaslike bedrywighede in Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe. Deur sy eienaars, Zaad, wat ook belange in verskeie internasionale saadmaatskappye in meer as 60 lande het, het K2 Saad wêreldwyd goeie bande.

Eugene Muller, besturende direkteur, sê K2 Saad streef voortdurend daar­na om die besigheid te vernuwe, en stel graag Nuvance Edms Bpk be­kend. “Nuvance is ’n volfiliaal van K2 Saad en beoog om die nuutste vordering in die bedryf aan ons kliënte te bring,” sê Muller, wat ook die besturende direkteur van Nuvance is.

Nuvance fokus op die verskaffing van hoë gehalte groentesaad, professionele dienste en ondersteuning aan produsente tot voordeel van huidige en toekomstige kliënte.

Nuvance beskik oor baie kundige werknemers met ’n passie vir wat hulle doen – “trots van Afrika vir Afrika”. Die onderneming is verbind tot passievolle alliansies deur uitstekende diens en ’n diep kennis van sake in die landbou.

“Wedersyds voordelige verhoudings met ons belanghebbendes is noodsaaklik vir ons bestaan. Vaste verhoudings met ons verskaffers bied ook aan Nuvance die geleentheid om ’n omvattende produkreeks aan te bied,” sê Muller.

Nuvance is die enigste verspreider van groentesaad van Bejo Zaden, De Groot en Slot en sekere Seminis-variëteite in Suid-Afrika en ander geselekteerde gebiede. Met Nuvance se saad- en diens-aanbod wil die onderneming graag bydra tot die volhoubaarheid van ons kliënte se boerdery, wat voedselsekuriteit help verseker.

Met ’n toenemende wêreldbevolking is daar beslis ’n groeiende behoefte aan voedsel. As ’n verskaffer van insette in die voedselproduksiesektor, glo Nuvance hy is in ’n opwindende sektor, met baie groot geleenthede, ook vir hul kliënte.

“By Nuvance belê ons voortdurend in navorsing om op hoogte te bly met die nuutste tendense en uitdagings om sodoende relevant en mededingend te bly. Om dit te bereik, het ons onlangs met proewe begin in ons nuwe kweekhuiskompleks van 5000m2.

“Dié moderne fasiliteit, saam met ’n proefplaas naby Brits, stel ons daartoe in staat om nuwe varië- teite te identifiseer en te benut om te verseker dat ons relevant bly deur die beste moontlike groentes aan ons kliënte te bied. Ons streef werklik daarna om ‘meer as net groentesaad’ te bied,” sê Muller.

Die uitdagings wat die landboubedryf in die gesig staar, neem voortdurend toe en Nuvance be-oog om met sy produsente saam te span om ’n positiewe verskil op die plaas maak. “Ons glo ons produsente sal deur geloof nie toelaat dat hulle ontmoedig word nie. Ons glo as ons hoop het, het ons alles,” het hy gesê.

Nuvance as plaaslike groentesaadverspreider strewe altyd daarna om uitmuntende diens, ’n wye verskeidenheid toepas­like groentesaad van gehalte en persoonlike oplos­sings te bied.

“As deel van K2 Saad word ons deur die begeerte gedryf om saam met ons kliënte suksesse te vier. Ons span kundige adviseurs sien daarna uit om van diens wees,” het Muller gesê.

Log in with your credentials

Forgot your details?