Nuwe uitstalling by ArtKaroo

Things to Live by open op 13 Julie

WERKE van verskeie bekende kunstenaars sal te sien wees by die volgende uitstalling by die ArtKaroo Kunsgalery op Oudtshoorn wat volgende Donderdag, 13 Julie, open.

Die uitstalling, Things to Live by, open die aand om 19:00 met werke van onder meer Thijs Nel, Janet Dixon, Susqya Williams, Francois Tiran, Ina Marx, Mariaan Kotze en ’n aantal belowende nuwe kunstenaars.

Die uitstalling wil kuns verken in ’n tydperk van inligtingsoorlading asook ekonomiese en ruimtebeperkings.

• ArtKaroo bied ook op 15 en 16 Julie ’n Figures made easy-werkswinkel deur die kunstenaar Hein Botha aan. Botha, wat aan die Michaelis School of Art aan die Universiteit van Kaapstad gegradueer het, was lank die uitvoe­ren­de krea­tiewe direkteur van ’n multinasionale reklame-agentskap. Hy het egter nooit ophou skilder, illustreer en ontwerp nie.

Die koste van die werkswinkel sluit alle kunsmateriaal, koffie en tee asook’n ete met wyn die Saterdagaand in.

Die werkswinkel kos R1 800 vir albei dae of R900 vir een dag. ’n 50%-deposito moet by bespreking betaal word. Kontak 044 279 1093 of stuur ’n e-pos aan info@artkaroo.co.za.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?