Absa wil Oudtshoorniete by veldtog betrek

Absa se Klipaktivering by 2017 se KKNK. Absa wil met die insette van Oudtshoorniete ’n funksionele kunswerk oprig wat ná afloop van die fees ’n ereplek op die dorp kry. Alle inwoners is welkom om ’n voorlegging vir dié kunswerk teen 22 Janua - rie 2018 in te dien.

Absa se Klipaktivering by 2017 se KKNK. Absa wil met die insette van Oudtshoorniete ’n funksionele kunswerk
oprig wat ná afloop van die fees ’n ereplek op die dorp kry. Alle inwoners is welkom om ’n voorlegging vir dié kunswerk teen 22 Januarie 2018 in te dien.

ABSA wil tydens 2018 se KKNK kuns na die hart van Oudtshoorn bring, met = veldtog waarin ’n
aantal “funksionele” kunswerke oor die dorp heen geïnstalleer sal word om die dorp se status as Suid-
Afrika se “tuiste van die kunste” te vier.

Absa L’Atelier-kunstenaars sal onder leiding van dr Paul Bayliss, Absa se kuns- en museumkurator,
saamwerk om die kragtige, funksionele kunswerke lewe te gee om aan te sluit by die 2018 L’Atelier-veldtog se tema: ‘Gee kuns lewe’.

Volgens die KKNK-kantoor sal dié werke ’n vermenging van vorm en funksie wees, en sal dit op plekke op en om Oudtshoorn geplaas word om deur kuns hulde aan die dorp te bring vir sy rol in die kultivering van die kunste.

’n Bykomende “funksionele” kunswerk sal ook geskep word, maar Absa wil graag die gemeenskap van Oudtshoorn betrek. Absa, wat ’n langdurige verhouding met die KKNK het, nooi inwoners van Oudtshoorn om hul eie voorleggings te doen vir die “funksionele” kunswerk, wat ’n ereplek op die
dorp sal inneem.

Adam Brooke, borgskapbestuurder van Absa, sê Absa was nog altyd ’n trotse ondersteuner van die
kunste. “Deur ons betrokkenheid by die KKNK sedert die beginjare van die fees, het ons hard gewerk
om platforms vir ons land se kunstenaars te skep om – ongeag hul kunsvorm – te floreer.

“Ons wil graag ’n langdurige, kragtige en positiewe stempel afdruk op die dorp wat soveel gedoen
het om die kunste selfs groter hoogtes te laat bereik. Ons voel dat die gemeenskap van Oudtshoorn
groot baat sal vind by die skepping van kragtige, funksionele kunswerke, en dat dit ’n blywende
nalatenskap sal wees.”

Bayliss sal tydens die KKNK begeleide kunstoere aanbied en elkeen van die installasiepersele
besoek om feesgangers ’n insiggewende blik te bied op die kreatiewe prosesse agter die ontwikkeling
en skepping van die kunswerke.

Voorleggings vir die funksionele kunswerk kan per e-pos aan Mareth Jooste (marethj@playmakers.
co.za) gestuur word. Die voorleggings moet ’n kort beskrywing insluit van die kunsgedagte agter
die werk asook die funksionele voordeel wat dit vir die gemeenskap sal inhou. Enige fotoverwysings
is welkom.

Die persoon wat die beste voorstel indien, sal met vergunning van Absa vier kaartjies wen na ’n
doelgemaakte BBP-optrede deur een van die top kunstenaars by 2018 se KKNK.

Die sperdatum vir voorleggings is 22 Januarie 2018, en bepalings en voorwaardes geld. Vir meer
inligting besoek www.kknk.co.za.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?