Events Calendar

Donderdag 12 Oktober
Struisies-dramagroep bied aan “Errors & Omissions” in die Hoërskool Oudtshoorn-skoolsaal om 18:00. R30. Kontak 044 272 1623.

Vrydag 13 Oktober
Garry Lee Smith se boekbekendstelling by Die Handelshuis in Calitzdorp. 17:30. RSVP voor 9 Ok­tober by Gary (044 213 3764 of 083 330 2831).

Vrydag & Saterdag 13 & 14 Oktober
Meiringspoort-wedlope! De Rust Feesbasaar (Vrydag vanaf 11:00), regi­strasie van atlete vir wedlope en wedlope die Saterdag. Registrasie Vrydag van 11:00 – 21:00 (onthou ID) en Saterdag van 04:30 – 05:30. Alle inligting en reëls op www.meiringspoort21.co.za.

Saterdag 14 Oktober
Tuine vir Diere! Besoek sewe tuine op Oudts­hoorn. Kaartjies (slegs R50) by Bottega (oorkant Spur) of Swan’s Kwekery. Fondsinsameling vir dierewelsyn. Navrae: Alet Coetzer (072 321 7802) of Marianne Spies (084 479 2166).

Sondag 15 Oktober
Oorwinningsdiens by NG Moedergemeente kerk op Oudtshoorn. 09:00. Baie mense en gesinne is in die greep is van kanker en ander ernstige siektes. Almal word nie weer gesond nie, maar die Bybel sê vir ons: “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet” (Rom 8:37). Kom beleef dié oorwinning uit die Woord ondanks siekte en omstandighede en steek ’n kers aan te steek om dit te vier. Offergawes: Kansa.

Sondag 15 tot 21 Oktober
Momentum Health Cape Pioneer Trek. Kontak 044 279 1013 (meer info)

Dinsdag 17 Oktober
All Black RVK se Algemene Jaarvergadering. Bridgton Sportgronde. 18:30. Alle lede welkom. Aansluitingsgeld R50. Kontak Damon Gysman (073 441 2619) of James du Preez (072 243 4896).

Woensdag 18 Oktober
Die Oudtshoorn GPF (Gemeenskapspolisiëringforum) hou algemene jaarvergadering by die Bridgton Biblioteeksaal om 18:00.

Donderdag 19 Oktober
Alzheimer Ondersteuningsgroep vergadering by die Bain Lavers saal te Millenniumpark (Oudts­hoorn) om 15:00. Met gasspreker Anieta Lombaard van die Memory Clinic: Excellentus. Kon­tak Bets Wilkonson by 083 419 4602.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?