Events Calendar

Vrydag 4 Augustus
Douglas van Tonder tree op by Kuiertuin op Oudtshoorn ten bate van die Animal Care Team (ACT). 19:00. Kaartjies by ingang. R30. Geen o.18’s tensy vergesel deur ouer. Bring asb skenking van dierekos vir ACT. Navrae: 082 388 2902.

Saterdag 5 Augustus
• Prins Albert se eie orkes Slam Jam tree op by The Showroom Teater. 20:00. R50 by die teater / 023 541 1560 / www.showroomtheatre.co. za.
• Reinhardt Buhr tree op by La Dolce Vita op Oudts­hoorn. 20:00. R70. Navrae: 044 279 3269.

5 – 13 Augustus
Uitstalling van Arts on Track-kompetisie, met die tema “Myths and Legends” by Calitzdorp Stasie.
woensdag 9 augustus
• Vrouedag
• Oudtshoorn NG Moedergemeente hou oggendbasaar. Kafee oop vanaf 10:30; basaartafels vanaf 11:30. Middagete vanaf 12:00 tot 13:00. Etekaartjies (R60) sluit in lamstjop, hoenderborsie, wors, roosterkoek, aartappel- en gestolde wortelslaai. Koop kaartjies voor 4 Augustus by kerkkantoor of Sondag na erediens in konsistorie. Navrae: 044 272 3130.

9 – 13 Augustus
Hoërskool Oudtshoorn Jeugkuns- en Fotoweek in die skoolsaal. 10:00 – 18:00. Kuns en fotografie van leerders. Navrae: 044 279 1623.

Donderdag 10 Augustus
• ACVV Tuishuis Vrouedag-teetuin en allerlei-tafel (tee, soet en sout), 10:00 tot 12:00. R15. Prys vir oorspronklikste hoed.
• Ian Roberts en die Radio Kalahari Orkes by Brian’s Grill op Oudtshoorn. 19:00. Kaartjies (R70) by Brian’s Grill. Navrae: 044 279 1927.

Vrydag 11 Augustus
• Calitzdorp Opera met Michelle Veenemans en Noël-Jean Creil by die NG Kerk te Calitzdorp. Formeel. Kaartjies: R350, sluit in welkom-drankies, kanapees en ligte vingerete. Kontak Erina by Calitzdorp Toe­risme (044 213 3775).
• Vlaghysingseremonie om 10:00 by Arbeids­genot om CJ Langenhoven se verjaardag te vier. Die publiek ook welkom by ’n huldigingsprogram om 11:00 in die saal van Langenhoven Gimnasium deur leerders van drie hoërskole. Gratis.

11 – 13 Augustus
Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn. Inligting oor dié fees van klassieke musiek, kos en wyn en die volledige musiek­program: www. klassique.co.za

Log in with your credentials

Forgot your details?