Events Calendar

Sondag 9 Julie
Maanligfietsrit om 18:00 by The Showroom Teater in Prins Albert. Kontak Arno Botha by 083 395 9038.

Donderdag 13 Julie
• ArtKaroo Galery in Oudtshoorn bied aan die “Things to live by”-uitstalling om 19:00. Met werke van onder meer Thijs Nel, Janet Dixon, Susqya Williams, Francois Tiran, Ina Marx, Mariaan Kotze asook nuwe kunstenaars. Die uitstalling wil kuns verken in ’n tydperk van inligtingoorlading asook ekonomiese en ruimtebeperkings. Navrae: 044 279 1093.
• Die Nasionale Toneel Organisasie besoek Calitz­dorp en bied aan “Geleende vere” by die NG Kerksaal om 19:00. Toegang: R95. Kaartjies by Calitzdorp Toeris­me,. Kontak Deirdré Vermaak, toerorga­niseerder by 021 828 9119 of 061 862 7151 vir navrae.

Vrydag 14 Julie
Elvis Blue tree op by The Showroom ­Teater in Prins Albert. 20:00. R120. Bespreek by www. showroom­theatre.co.za of kontak 023 541 1563.
• Prins Albert – Huis Kweekvallei Basaar te Huis Kweekvallei. Kontak kantoor vir enige navrae by 023 541 1626.

Saterdag 15 Julie
Projek Kolgans Ontbyt by Enchanted Coffee Shop 10:00 tot 12:00. R35 per persoon, sluit koffie in. Navrae: Jaco Steenberg van die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging – 073 204 6066.

Donderdag 20 Julie
Die Alzheimersondersteuningsgroep vergader om 15:00 in die Bain Laversaal te Millenniumpark op Oudtshoorn. Gasspreker: Gert Meiring van Huis Elsje Mosselbaai. Navrae: Christine Nelson by 073 366 3216.

Woensdag 26 Julie
Die Prins Albert Kultuurstigting nooi almal na die algemene jaarvergadering om 18:30 by St John’s Kerksaal.

Donderdag 29 Augustus
Die algemene jaarvergadering van Oudtshoorn en De Rust Toerismevereniging om 17:30 vir 18:00 by Surval Boutique Olive Estate (rigting Cango Caves). RSVP voor 17:00 Vrydag (25 Augustus). Vir navrae kontak Corleen Barnard by 044 279 2532 of e-pos info@oudtshoorn.com.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?