Events Calendar

Saterdag 24 Junie
Fondsinsameling vir PADS Animal Welfare met kabaretster Emile Minnie by The Showroom ­Theatre in Prins Albert. 20:00. Emile sal liedjies van sy nuwe album, 15 Onvergeetlike Jare, sing. R120. Bespreek by 023 541 1563 of e-pos info@ showroomtheatre.co.za of besoek www.showroomtheatre.co.za.

Maandag 26 Junie
Om 18:30 hou die polisie volgende week twee Imbizo’s om met die gemeenskap te skakel en te praat oor misdaad en misdaadtendense.
Die Oudtshoorn Polisie hou om 18:30 ’n imbizo vir inwoners van Sektor 3 (middedorp van Oudts­hoorn en omliggende woonbuurte soos Wesbank en Oudtshoorn-Noord en -Suid) om die gemeenskap in te lig oor misdaad en misdaadtendense. Oudtshoorn Biblioteeksaal. Navrae: Kapt W du Plessis, sektorbevelvoerder, Sektor 3 (082 821 1027).

Dinsdag 27 Junie
Die Oudtshoorn Polisie hou om 17:00 ’n imbizo vir inwoners van Sektor 2 (die hele Bridgton behalwe Toekomsrus) om die gemeenskap in te lig oor misdaad en misdaadtendense. Karjakkertjie Voorskool in Reggie Oliphantweg. Navrae: Kapt J Nortje, sektorbevelvoerder, Sektor 2 (079 893 9969).

Vrydag 30 Junie
Skole sluit vir die wintervakansie. Heropen weer op 24 Julie.

Saterdag 1 Julie
• Calitzdorp Museumvereniging bied ’n uitstappie aan na die plaas Danielskraal met kundiges wat oor die voëllewe, plante, geologie en fossiele sal praat. Ontmoet om 09:30 by die Klein Karoo Agri-gebou oorkant De Krans Wyne. Koste: Vriende van die museum – R50 per persoon (onthou lidmaatskapkaart); nie-lede – R60. Kontak Jutta (by 072 221 7171 of 044 2133414/474.
• Chris Chameleon tree om 20:00 op by The Showroom Theatre in Prins Albert. Kontak 023 541 1563 of e-pos info@showroomtheatre.co.za of besoek www.showroomtheatre.co.za.

Log in with your credentials

Forgot your details?