Die Hoorn se Sportkalender

Saterdag, 6 Mei 2017
RUGBY: SWD Karoostreekliga • Oudtshoorn speel teen Adias op die Oudtshoorn Sportgronde (Rec). Die B-spanne begin om 14:30 speel en die A-spanne om 16:00. Vir navrae kontak Ferdie van Rensburg by 084 991 6886.
SWD Presidentsliga • All Blacks speel op die Bridgton Sportgronde (Plate) teen Willing Hearts van Dysselsdorp vanaf 14:30. Die A-spanne skop om 16:00 af. Vir navrae kontak Damon Gysman by 073 441 2619.
SKOLERUGBY: • Die SWD rugbyproewe vir hoërskole vind op Langenhoven Gimnasium se rugbyvelde plaas. Die eerste wedstryd begin reeds om 09:00. Vir navrae kontak Theo by 0442722151.

Woensdag, 10 Mei 2017
GHOLF: • Oudtshoorn Gholfklub se besigheids-kamergholfdag vind op die Oudtshoorn Gholfklub se bane plaas. Eerste afslane is om 08:00. Vir navrae kontak Gideon by 082 823 3736.

Vrydag & Saterdag, 12 & 13 Mei 2017
BERGFIETSWEDREN EN VELDWEDLOPE:
• Redstone Hills Bergfietsuitdaagwedren en -veldwedlope vind by die bekende Rooikoppe tussen Oudtshoorn en Calitzdorp plaas. Daar is reeds die Vrydagaand bergfietsrenne en veldwedlope. Die lang fietsrenne oor 60 km, 43 km, 17 km en 11 km sowel as die veldlope (draf en stap) oor 20 km, 11km en 5 km begin Saterdag vanaf 08:00. Vir navrae kontak Corné Botha by 073 194 2948.

Saterdag, 27 Mei 2017
VELDWEDLOOP: • Meiringspoort Challenge-veldlope oor afstande van 9,5 km en 19,5 km vanaf 07:30. Vir navrae kontak Pieter by 082 377 0547.
BERGFIETS: • Meiringspoort Challenge Berg-fiets­renne oor afstande van 30 km en 60,5 km vanaf 07:00. Vir navrae kontak Henkie by 082 396 4094.

Log in with your credentials

Forgot your details?