Die Hoorn se Sportkalender

Vrydag – Maandag, 28 April – 1 Mei 2017
SKOLESPORT: RUGBY, NETBAL EN HOKKIE: • Die Hoërskool Oudtshoorn se Karootoernooi vir mediumskole word aangebied op Struisies se sportvelde. Sowat 40 spanne gaan in rugby, netbal en hokkie meeding.

Vrydag, 28 April 2017
RUGBY: SWD Presidentsliga • Collegians speel vanaf 19:00 teen Harlequins op die Bridgton Sportgronde (Plate). Die A-spanne begin om 20:30 speel. Navrae: Julian Fillies – 073 441 2619.

Saterdag, 29 April 2017
RUGBY SWD Presidentsliga • Spring Roses speel vanaf 14:30 teen Dysselsdorp op die Oudts-hoorn Sportgronde (Rec ). Die A-spanne begin om 16:00 speel. Vir navrae kontak Pieter Lottering by 073 366 6899. Karoostreekliga • Die span van Adias speel vanaf 14:30 teen Gamka op die Bridgton Sportgronde (Plate). Vir navrae kontak Jenay Stoffels by 078 927 0429. • In nog ’n wedstryd op die Plate speel Kango United teen Oudtshoorn. Die wedstryd begin om 16:00. Vir navrae kontak Ferdie van Rensburg by 084 991 6886.

Sondag, 30 April 2017
GHOLF: • Die Eden Ope-gholfkampioenskap word by die Oudtshoorn Gholfbaan aangebied. Inskrywings sluit Vrydag, 28 April, om 12:00. Vir meer inligting kontak Gideon Badenhorst by 082 823 3736.

Maandag, 1 Mei 2017
GHOLF: • Die Oudtshoorn Gholfklub se klubkampioenskap begin om 08:00 op die gholfklub se bane. Navrae: Gideon Badenhorst – 082 823 3736.

Saterdag, 27 May 2017
VELDWEDLOOP: • Meiringspoort Challenge oor afstande van 9,5 km en 19,5 km. Vir navrae kontak Pieter by 082 377 0547. BERGFIETS: • Meiringspoort Challenge oor 30 km of 60,5 km. Vir navrae kontak Henkie by 082 396 4094.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?