Die Hoorn se Sportkalender

Vrydag en Saterdag, 7 en 8 Julie 2017
BALDANS: • DieWes-Kaap se baldansproewe word aangebied in die sportsaal van die De Jager Sportkompleks. Dit begin soggens om 11:00.
Vir navrae kontak gerus Katie Britz by 079 793 6127.

Saterdag, 8 Julie 2017
DOMINOES: • Die dominotoernooi vir plaaslike klubs begin om 09:00 in die Suid-Kaap Kollegesaal. Vir meer inligting kontak gerus vir Jonathan Moos by 076 351 7163.

Saterdag, 8 Julie 2017
RUGBY: SWD Presidentsliga • Collegians kom te staan teen All Blacks op die Bridgton Sportgronde. Die C-spanne begin om 13:00, die B-spanne om 14:15 en die A-spanne om 15:30. Vir navrae kontak gerus vir Julian Fillies by 084983 6088.
Karoostreekliga • Oudtshoorn speel vanaf 15:30 teen Kango United op die Oudtshoorn Sportgronde (Rec). Vir navrae kontak gerus vir Emile Lamprecht by 072 306 7508.

Saterdag, 15 Julie 2017
OVAALBAANWEDRENNE: • Die jaarlikse Klein Karoo Ovaalrenbaankampioenskap vind op die Arnold de Jager Ovaalbaan wes van Oudtshoorn plaas vanaf 12:00. ’n Rekordgetal deelnemers van regoor Suid-Afrika gaan aan die kampioenskap deelneem. Vir navrae kontak gerus vir Dirk van der Westhuizen by 072 854 8830.

Saterdag, 22 Julie 2017
BERGFIETSWEDRENNE: • Die tweede been van Die Hybrid Track Seriesbaanbergfietswedrenne vind plaas by die Arnold de Jager Ovaalbaan wes van Oudtshoorn. Inskrywingsvorms is beskikbaar op die webtuiste van Jakhals Events:
https://jakhals­events.wixsite.com/jakhalsevents/events.
Corné Botha kan ook vir navrae gekontak word by 074 260 2871.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?