Die Hoorn se Sportkalender

Saterdag, 1 Julie 2017
RUGBY: SWD Premierliga • Bridgton speel vanaf 13:00 teen Evergreens op die Bridgton Sportgronde. Die A-spanne begin om15:30. Vir navrae kontak Shirley Ewerts by 074 302 9816.
Karoostreekliga • Kango United speel vanaf 14:00 teen Adias op die Oudtshoorn Sportgronde (Rec). Navrae: Norman October – 079 888 9013. Oudts-hoorn speel vanaf 15:30, ook op die Rec, teen Glen Roses. Navrae: Emile – 072 306 7508.

Saterdag & Sondag, 1 & 2 Julie 2017
JEUGROLBAL: • Die Oudtshoorn Rolbalklub speel gasheer vir die o.20- jeugtoernooi waaraan 20 spanne van Boland, Eden en Beaufort-Wes gaan deelneem. Wedstryde begin albei dae om 09:00. Navrae: Gertjie Bekker – 072 246 7792.

Woensdag, 5 Julie 2017
GHOLF: • Oudtshoorn Besigheidskamergholfdag begin om 08:00 by die Oudtshoorn Gholfklub.
Navrae: Gideon Badenhorst – 082 823 3736.

Saterdag, 15 Julie 2017
OVAALBAANWEDRENNE: • Die jaarlikse Klein Karoo Ovaalbaankampioenskap vind vanaf 12:00 plaas by die Arnold de Jager Ovaalbaan wes van Oudtshoorn. ’n Rekordgetal deelnemers van reg-oor Suid-Afrika gaan kom deelneem aan die kampioenskap wat een van die grootste wedrenne van sy soort in Suid-Afrika is. Vir navrae kontak gerus vir Dirk van der Westhuizen by 072 854 8830.

Saterdag, 22 Julie 2017
BERGFIETSWEDRENNE: • Die tweede been van die Hybrid Track Seriesbaanbergfietsweddrenne vind plaas by die Arnold de Jager Ovaalbaan wes van Oudtshoorn. Inskrywingsvorms is beskikbaar op die webtuiste van Jakhals Events: https://jakhalsevents.wixsite.com/jakhalsevents/events, Vir enige navrae kan Corné Botha gekontak word by 074 260 2871.

Log in with your credentials

Forgot your details?