Die Hoorn se Sportkalender

Vrydag & Saterdag, 23 & 24 Junie 2017
ROLBAL: • Die Klein Karoo Toyota Driespelrolbaltoernooi vind by die Oudtshoorn Rolbalklub in St Johnstraat plaas. Die eerste rondomtaliewedstryde begin Vrydag om 09:00. Navrae: Danie Bosman – 082 852 3807 / Gertjie Bekker – 072 264 7792.

Saterdag, 24 Junie 2017
GHOLF: • Die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse Vleisdag vanaf 08:00 op die klub se baan. Navrae: Gideon Badenhorst – 0828233736

Saterdag, 24 Junie 2017
RUGBY: Karoostreekliga • Vier SWD Karoo-streekligawedstryde word op die Oudtshoorn Sportgronde (Rec) gespeel. 12:00: Adias B-span teen Calitzdorp B. 13:20: Kango United teen Glen Roses. 14:50: Adias A teen Calitzdorp.
16:20: Oudtshoorn A teen Swings A.
Navrae: Norman October – 079 888 9013 of
Ferdie van Rensburg – 084 991 6886.

Sondag, 25 Junie 2017
RUGBY: • Supersport se Rugby Challenge en Gold Cup Qualifier-wedstryde word gespeel op die Bridgton Sportgronde (Plate). Evergreens pak Hawston vanaf 11:00 in die eerste voorwedstryd. In die hoofvoorwedstryd speel die twee voorlopers op die punteleer van die SWD Premierliga, Bridgton A (tweede) teen Progress A (eerste), vanaf 13:00 teen mekaar.
Die hoofwedstryd tussen die SWD Arende en die DHL Stormers begin om 15:00. Al die wedstryde word op Supersport (kanaal 201) en Supersport Select (kanaal 210) gebeeldsend.
Toegang is gratis.

Woensdag, 5 Julie 2017
GHOLF: • Die Oudtshoorn Besigheidskamer se maandelike gholfdag by die Oudtshoorn Gholfklub. Die eerste spelers slaan om 08:00 af. Navrae: Gideon Badenhorst – 082 823 3736.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?