Die Hoorn se Sportkalender

Vrydag en Saterdag, 12 en 13 Mei 2017
BERGFIETSWEDREN EN VELDWEDLOPE:
• Redstone Hills Bergfietswedrenne en veldlope by Rooikoppe tussen Oudtshoorn en Calitzdorp. Vrydag vanaf 18:30 en Saterdag vanaf 08:00. Vir meer inligting kontak Corné by 073 194 2948.

Saterdag, 13 Mei 2017
RUGBY SWD Presidentsliga • Collegians speel vanaf 14:15 teen Willowmore op Bridgton Sportgronde (Plate). A-spanne skop om 15:30 af. Navrae: Julian Fillies – 084 983 6088. SWD Premierliga • Bridgton teen Crusaders op Oudtshoorn Sportgronde (Rec) vanaf 13:00. A-spanne skop om 16:00 af. Navrae: Shirley – 0743029816.

Saterdag 13 Mei 2017
SKOLESPORT: Hoërskool Oudtshoorn speel rugby, hokkie en netbal teen ­Langenhoven Gimnasium op Struisies se sportgronde. Hokkie vanaf 08:00 en rugby en netbal vanaf 08:30. Die hoof-wedstryd tussen die o.19 A-rugbyspanne begin om 13:00. Navrae: Stix Theunissen – 044 279 1623.
TOUTREK: • Die Suidelike Streektoutrekklubkampioenskap, aangebied deur die Oudtshoorn Toutrekklub begin om 08:00 op Oudtshoorn Vaardigheidskool se sportvelde. Navrae: Helgard Klue (voorsitter)- 044 745 1550.
OVAALBAANWEDRENNE: • Tweede been van die nasionale kwalifiserende wedrenne begin om 15:00 op die Arnold de Jagerovaalbaan net wes van Oudtshoorn. Toegang is R50 per volwassene en R20 per kind. Navrae: Dirk – 072 854 8830.

Saterdag, 27 Mei 2017
VELDWEDLOOP & BERGFIETSRY: • Die 4de Meiringspoortveldwedloop- en bergfietswedrenbyeenkoms begin onderskeidelik om 07:00 en 07:30 by De Rust NG Kerkterrein. Navrae: Pieter – 082 377 0547 (veldwedloopitems) en Henkie (bergfietsitems) – 082 396 4094.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?