Weermagoffisiere se saak weer uitgestel

Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen twee senior weermagoffisiere wat tereg staan op klagtes van intimidasie, dat hulle die Oudtshoorn Polisiekantoor wou laat opblaas en die polisie in die uitvoering van hul pligte verhinder het, is weer verlede Donderdag in die Oudtshoorn Streekhof uitgestel.

Die verhoor van die bevelvoerder van die Infanterieskool op Oudtshoorn, kol Nkabu Nthejane, en ’n voormalige bevelvoerder van die skool, kol Xolani Mankayi, is die keer tot 5 Desember uitgestel nadat landdros Mark van Wyngaardt, drie dae nadat hy weer begin werk het, weer weens sy siekte nie by die hof kon wees nie.

Die twee beskuldigdes pleit onskuldig op al die aanklagte teen hulle.

Log in with your credentials

Forgot your details?