Vrou kry 6 jaar vir bedrog

Landdroshof-Oudtshoorn-300x214
Deur Ilze-Mari Gründling
’N FINANSIËLE klerk in diens van die Departement van Vervoer op Oudtshoorn wat van bedrog aangekla is, is Woensdag (27 September) in die Oudtshoorn streekhof ses jaar gevangenisstraf opgelê, waarvan vyf jaar opgeskort is.

Grace Malgas (31) is daarvan beskuldig dat sy sedert 2013 ’n bedrag van R600 000 van die departement na haar persoonlike bankrekening oorgeplaas het.

Sy is in 2016 deur die Valke in hegtenis geneem en het tydens haar borgaansoek onskuldig gepleit.

Landdros LA Wilkens het Malgas ses jaar gevangenisstraf opgelê, waarvan vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat:

• Malgas nie weer skuldig bevind word aan bedrog of diefstal gedurende die tydperk van opskorting nie;
• Sy haar onderwerp aan drie jaar korrektiewetoesig, wat behels:

a) huisarres, behalwe werk of kerk bywoning
b) onderwerping aan die program deur die Korrektiewe beampte soos voorgeskryf;
c) aktiewe werksoeking;
d) dat sy nie van woonadres verander sonder om die korrektiewe beampte betyds in te lig nie;
e) geen misbruik van drank of dwelms;
f) onderwerping aan monitering;
g) dat sy op 28/09/2017 om 08:00 by korrektiewe beampte op Oudtshoorn aanmeld.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?