Twee wat bejaarde vrou beroof in 2018 verhoor

Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen twee mans wat na bewering ’n bejaarde vrou in haar woonstel in Oudtshoorn
aangerand en beroof het, is verlede week in die Oudtshoorn Landdroshof deur landdros Roel Konstabel
vir verhoor in die streekhof tot 2 Februarie 2018 uitgestel.

Renier Claassen (33) en Ruan Nel (25) staan tereg op klagtes van motordiefstal, huisbraak met die opset om te steel en roof verswarend.

Nel was tydens die voorval op parool, wat intussen ingetrek is, terwyl borgtog aan Claassen geweier is omdat hy ’n geneigdheid toon om misdaad te pleeg. Die staatsaanklaer, Leonie van Rooyen, het gesê daar bestaan ’n groot waarskynlikheid dat hy weer by misdaad betrokke kan raak.

Log in with your credentials

Forgot your details?