Stok in wiel van Nigeriër wat huis toe wil gaan

Deur Garnett Wicomb
’N NIGERIESE burger wat tans voor die hof in Oudtshoorn verskyn, maar onlangs toestemming gekry het om vir familiesake na Nigerië te gaan, moet eers weer in die hof verskyn.

Hilary Anyaneto, wat saam met ’n vrou met tik van meer as R22 miljoen in hul besit in hegtenis geneem is, het toestemming by wyle streeklanddros Mark van Wyngaardt gekry om vir persoonlike sake na Nigerië te gaan, mar die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) het intussen beslis dat weer na die aansoek gekyk moet word.

Die staatsaanklaer, Hyron Goul­ding, sowel as die ondersoekbeampte in die saak, kapt Andries Spies, het die toestaan van verlof teengestaan omdat Anyaneto in alle waarskynlikheid nie weer na Suid Afrika sal terugkeer nie.

Anyaneto staan saam met Lorraine Mwandicitiya tereg op klagtes van handeldryf in en besit van dwelms.

Mwandicitiya is borgtog geweier, maar borgtog van R20 000 is in die Beaufort-Wes Landdroshof aan Anya­neto toegestaan.

Landdros Van Wyngaardt het in sy uitspraak opgemerk dat indien An­yaneto nie na Suid-Afrika terugkeer nie, hy (Van Wyngaardt) ’n baie groot fout met sy beslissing sou begaan het.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?