Sixabiso Klip laat vaar sy borgaansoek

Preston Titus-moordsaak

Verskeie mense het weer verlede Woensdag voor die Oudtshoorn Landdroshof vergader toe twee verdagtes in die Preston Titus-moordsaak in die hof verskyn het. Hier word hulle toegespreek deur Leon Campher (links), ’n gemeenskapsleier van Dysseldorp.  Foto: Garnett Wicomb

Verskeie mense het weer verlede Woensdag voor die Oudtshoorn Landdroshof vergader toe twee verdagtes in die Preston Titus-moordsaak in die hof verskyn het. Hier word hulle toegespreek deur Leon Campher (links), ’n gemeenskapsleier van Dysseldorp. Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
EEN van die twee verdagtes wat vir die moord op ’n soldaat van Oudtshoorn, Preston Titus (47), aangehou word, het vanoggend sy aansoek om borgtog in die Oudtshoorn Landdroshof laat vaar terwyl die tweede later die maand ’n aansoek sal bring.

Die 23-jarige Sixabiso Klip van Bongolethu, Oudtshoorn, het sy regsverteenwoordiger, adv Benito Metembo, se mededeling aan die hof dat hy besluit het om sy borgaansoek te laat vaar, op ’n vraag van die landdros bevestig.
Metembo het die hof versoek om die saak tot 13 Februarie vir verdere ondersoek uit te stel.

Die versoek is gerig in oorleg met die staatsaanklaer, adv Goodman Jaxo.

Die tweede verdagte, Juchec Mooi (30) van Port Elizabeth, wie se ouers ook in die hof was, se regshulpprokureur, Eugene Roos, het die hof versoek om sy saak vir ’n formele borgaansoek tot môre, 19 Januarie, uit te stel.

Die versoeke is nie deur die staat teengestaan nie.

Titus se lyk is op Saterdag 2 Desember 2017 met verskeie steekwonde op sy bed aangetref.

Slegs 40 mense is – soos met die twee verdagtes se vorige verskynings in Desember verlede jaar – in die hof toegelaat met ’n sterk polisieteenwoor­digheid.

’n Groep inwoners het ook weer van vroeg af in die straat voor die hof bymekaar gekom om hul ondersteuning vir die familie van die vermoorde Titus te toon.

Die sake dien voor landdros Roelf Konstabel en die ondersoekbeampte in die sake is ao Martin le Roux.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?