Saak teen verkeersman uitgestel

Deur Garnett Wicomb
DIE verhoor van ’n verkeersbeampte van Prins Albert, wat na bewering toetse vir leerlingrybewyse ge­manipuleer en rybewyse in ruil vir betaling uitge­reik het, is Maandag in die Oudtshoorn Streekhof uitgestel na 13 Maart omdat ’n tegnikus van die polisie weer nie beskikbaar was nie.

Die ondersoekbeampte, ao Jason Pietersen, het die hof meegedeel dat die betrokke amptenaar weens die siekte van sy moeder nie hofverrigtinge kon bywoon nie. Die saak is laat verlede jaar uitgestel omdat die amptenaar toe ’n maand op ’n kursus was. Hy moet getuig oor videomateriaal wat op ’n CD geplaas is.

Andrew Meintjies is in Maart 2016 op Drie Susters deur die Valke in hegtenis geneem en daarna in die Prins Albert Landdroshof borgtog van R2 000 toegestaan.

Log in with your credentials

Forgot your details?